ARTICLES RELATING TO
REKLAME
Steers, wat vir die vyfde keer in die 50 jaar wat hy hamburgers verkoop, opgeknap word, keer na sy wortels terug met die hergeboorte van die “Real Burger”.
Marc Ashton het geen illusies oor Finweek nie. Die redakteurspos is iets wat talle moontlik van die hand sou wys, veral in die lig van die moeilike mark vir gedrukte publikasies, die kommer oor die toekoms van gedrukte media en ’n mate van verwarring oor die beste posisionering van saketitels.
’N stroom joernalistieke skeltaal het die bekendstelling van The New Age begin vanjaar begroet – ’n dagblad wat nog voordat hy verskyn het, deur sy mededingers van regeringsteun beskuldig is.
Dit is sewe droë jare later – gaan die reën uiteindelik weer oor TV-advertensies in SA begin uitsak? Dit is gevaarlik om voorspellings te waag, maar die SA bedryf het meer advertensies wat ’n realistiese kans staan om iets te wen as in baie jare by die Cannes Lions, die wêreld se top-reklamekompetisie.
Met haar terugkeer na die reklamebedryf ná sewe jaar, neem Sizakele Marutlulle die leisels by Grey Suid-Afrika oor. Die geweldige veranderinge wat daar intussen in bemarking was, het haar verbaas, maar beslis nie afgeskrik nie.
Die stryd om as die kreatiewe reklameagentskap vir 2011 aangewys te word, het verskerp. Vyf agentskappe ding om die voorste plek mee ná vanjaar se Clio-toekennings.
Dis tog te lekker om handelsmerke te waardeer. Om redes wat nie heeltemal ooglopend is nie, maak dit mense gaande wanneer hulle hoor hul gunsteling-handelsmerk is $45 miljard of wat ook al werd.
Voordat Lars Reichelt op die toneel verskyn het, het die SA selfoonbedryf rigied, on-mededingend en duur gelyk. Vir talle het dit trouens na niks meer as ’n kartel gelyk nie.
Indiensneming in reklame groei weer – en in ’n vinniger tempo as in jare. Die digitale markplek groei vinnig, en daar is ’n onverwagte sarsie aktiwiteit in die Kaap.
The Jupiter Drawing Room se handelsmerk-beheermaatskappy het sy naam in Lionheart verander. Dit is bedoel om struikelblokke uit die weg te ruim wat mededinging tussen maatskappye in dieselfde groep verhinder. Die probleem was dat die beheermaatskappy en twee van sy agentskappe die Jupiter-naam deel.
Port Elizabeth se grootste reklameagentskap, Boomtown, het sy lig te lank onder die maatemmer verberg.
Draftfcb, die kampioen van lekkerkyk-advertensies, het dit weer reggekry. Hy het vier van die gewildste TV-advertensies van die afgelope jaar geskep: vir Toyota Auris (Buddy en ChiChi), Toyota Hilux Man Up, Panado en Savanna-sider.
Die Kaapse agentskap KingJames het sy mediareklamehulpbronne in ’n gesentraliseerde Kaapse superstudio saamgesnoer en die Johannesburgse kantoor as ’n afdeling van die agentskap eerder as ’n alleenstaande onderneming hersaamgestel.
Net#work BBDO het in die peilvlak alles uitgehaal en trek nou gelyk met Ogilvy Kaapstad in die wedloop om die topposisie op die Loerie-kortlys.
Vir Godfrey Morley is niks lekkerder as om te kyk hoe kopkool groei nie. En beet, spinasie, aartappels en eiervrug. En nog omtrent 15 ander groentesoorte. Dis ver van die oppervlakkige gewoel en gewerskaf van die reklamebedryf – maar ’n welkome afleiding.
Om ’n geleentheid soos Cannes by te woon, gee SA die vermoë om die toekoms te sien. Wat hier en nou by Cannes gebeur en vertoon word, sal in 2012 in SA gebeur.
Sy uitstekende vertoning op die Cannes Lions-fees verlede week het Net#work BBDO onmiddellik na die bokant van die kreatiewe liga geneem ná ’n tyd waarin sy vertoonkas taamlik leeg was.
Die besteding aan reklame op selfone is luidens World Wide Worx se navorsing nou R500 miljoen per jaar werd. Dit is al klaar meer as vir fliekadvertensies en byna soveel soos die besteding aan reklame op die internet.
Mediacom se SA filiaal verskuif sy fokus van aankope na strategie. Hy wil munt slaan uit die wêreldwye netwerk se strewe na “’n nuwe soort media-agentskap vir dié mark”, sê Ian Manning, plaaslike uitvoerende hoof wat ná tien jaar in Londen na SA teruggekeer het.
Sake het nog nooit so vlot vir DStv verloop nie. Met 6,9 miljoen huishoudings wat daarop ingeteken is, maak die betaal-TV-uitsaaier se lugtydverkope nou 26% van die reklamebesteding aan TV uit.
George Sombonos het in 1981 R300 betaal om die naam Chicken Licken te registreer. Plus R10 000 ’n jaar later om hom in die hof teen Kentucky Fried Chicken te verweer wat aangevoer het die naam klink te veel soos sy slagspreuk, “finger-lickin’ good”.
’n Bietjie meer as 500 van die reklamebedryf se woelgeeste het die Reklame-oorsig-banket bygewoon om hul toekennings te ontvang – of applous te gee wanneer ander hulle s’n ontvang het.
Agentskapsgroepe het ’n oorheersende rol in vanjaar se Reklame-oorsig-toekennings gespeel. Hulle het oortuigende bewyse gelewer dat dit goed is om groot te wees en dat dit nie meer heeltemal so lekker is om plaaslik te wees nie.
In ’n jaar van min wegholwenners het KingJames van Kaapstad die eerste agentskap van die Moederstad geword wat Reklame-oorsig se Agentskap van die Jaar-toekenning verower. Dié hoogste eerbewys gaan na ’n onderneming wat in 2010 op die Loeries oorheers het.
Hoeveel skade het Grant Jacobsen aangerig met sy verkleinerende veldtog vir Cell C, waarin hy die spot dryf met sy voormalige werkgewer, Draftfcb, en voormalige kliënt, Vodacom? Die SA howe bevind nie sommer dat naamskending gepleeg is nie, maar deur ’n hofsaak aanhangig te maak, wys Vodacom hy bejeën die saak met groot erns.
Interbrand Sampson, SA se tweede grootste handelsmerk-en-ontwerpagentskap, het met Veejay Archary se klein maar snel groeiende onderneming, Black Brand Strategy & Design, saamgesmelt om The Interbrand Sampson Group te vorm.
Die Kaapstadse kreatiewe uitblinker FoxP2 het danksy die Advertensie van die Jaar-toekennings twee plekke teen die kreatiewe leer uitgeklim.
Die ineenstorting van die mediabeplanningsagentskap Mercury Media is waarskynlik die grootste in 20 jaar. Hy is vrywillig gelikwideer nadat hy ’n jaar gelede nog op ’n inkomste van R500 miljoen aanspraak gemaak het. Hy skuld R94 miljoen, spesifiek aan media-eienaars wat lid is van Media Credit Coordinators (MCC).
Minstens ses van die groot kompetisies in reklame en ontwerp het deesdae kategorieë vir studente.
Met die bekendstelling (vir die tweede keer) van ’n SA uitgawe van die tydskrif Playboy verlede Donderdag was die Groot Onthulling die voorbladmeisie. Dit het geblyk die model en sosiale vlinder Tracy McGregor te wees. Sy is die jonger suster van die model en sosiale vlinder Kerry McGregor (die McGregors het beslis die regte resep gebruik).
DIE wêreldbekersokkertoernooi het tot ’n ontploffing van patriotiese reklame gelei wat die skielike sokkergedrewe uitbundigheid van die publiek vasvang. Dis weer eens ’n bewys van sport se unieke vermoë om die land te verenig – ten minste tydelik.
NÁ net ’n jaar in haar nuwe pos het Ferial Haffajee gedoen wat nuwe redakteurs doen: sy herontwerp haar koerant. Maar die verandering by City Press is nie net kosmeties nie – dit is die begin van nuwe skermutselings in die reeds geknelde mark vir Sondag-koerante.
DIE LOERIES, waar SA sy voorste kreatiewe reklamemense aanwys, stel ’n nuwe puntestelsel vir die beoordeling van sy wenners in en sal elke jaar lyste van die toppresteerders in ’n reeks kategorieë opstel. Daar sal puntetabelle vir individuele agentskappe, agentskapsgroepe, agentskappe volgens grootte (klein, middelslag en groot), produksiemaatskappye en handelsmerke wees. En nog meer. As jy dus die beste middelslagagentskap of die beste ervaringsbemarkingsagentskap soek, sal die inligting nou am