Boere moet praat én saam staan

HARTSWATER. Z Nuweling- en kommersiële boere het gemeenskaplike probleme wat hulle kan oplos indien hulle saamwerk, en daarvoor moet ’n gees van samewerking gekweek word.

Dít was die boodskap van Bheki Cele, adjunkminister van landbou, tydens ’n openbare vergadering met boere op Maandag 18 April.

Cele het op vrae en klagtes van ’n gehoor van sowat 2 000 nuwelingboere gereageer.

Henning Myburgh, hoofbestuurder, wat Agri-Noord-Kaap op die vergadering verteenwoordig het, sê hy stem saam, ook met ander sake wat Cele geopper het.

“Daar moet meer samewerking wees om gemeenskaplike probleme soos veediefstal, waterskaarste en droogte te oorkom.

“Die adjunkminister het gesê kommersiële ‘wit’ boere is, net soos nuweling- ‘swart’ boere, hier om te bly.

“Daarom moet daar meer samewerking wees.

“Alle boere moet van ‘ons’ probleme en nie ‘hul’ probleme praat nie.

“Ons moet leer om na mekaar te luister.”

Nuwelingboere moet ook meer verantwoordelikheid vir hul boerderye aanvaar en minder afhanklik van die staat word.

Ernstige bedreigings soos veediefstal sal nie vanself verdwyn nie.

Nuwelingboere moet verantwoordelik optree en alle diefstalsake by die polisie aanmeld. Hulle moet ook die vordering van ondersoeke nougeset opvolg.

“Boere weet baie keer wie die skuldi-ges is, maar meld dit nie by die polisie aan nie.

“Veediewe kan nie in gemeenskappe geduld word nie.”

Grensgeskille tussen nuwelingboere, kommersiële boere en ander gemeenskappe moet eerder deur samewerking en kommunikasie verbeter word.

Geweld tussen nuwelingboere en omliggende stedelike gemeenskappe kan nie geduld word nie.

Die doodskiet van rondloperdiere is ook onaanvaarbaar.

Toegang tot grond is een van die uitdagings wat die departement van landbou saam met boere moet aanpak.

Die grondhervormingsproses moet versnel word, maar op ’n verantwoordelike wyse.

“Een van die probleme was dat die staat soms onrealistiese pryse vir grond betaal het.

“Die waardeerder-generaal is daarom aangestel om meer realistiese perke vir grondpryse te beding.”

Cele was baie bekommerd dat daar nie genoeg opleidingsgeleenthede is om jong, nuwelingboere op te lei en op plase te laat werk nie. Dié aangeleentheid moet dringende aandag kry, het hy gesê.

Tuingereedskap, groenteplantjies en kospakkies is deur Cele, in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling, aan arm huishoudings in Bonitapark in Hartswater uitgedeel.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
Voting Booth
Zama zama crackdown: What are your thoughts on West Village residents taking the law into their own hands?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Authorities should bring in the army already
10% - 1028 votes
Illegal miners can't be scapegoated for all crime
51% - 5295 votes
What else did we expect without no proper policing
35% - 3639 votes
Vigilante groups are also part of the problem
3% - 341 votes
Vote
Rand - Dollar
16.19
+0.2%
Rand - Pound
19.79
+0.1%
Rand - Euro
16.69
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Gold
1,786.66
-0.3%
Silver
20.53
-0.3%
Palladium
2,245.50
-0.4%
Platinum
954.00
+0.8%
Brent Crude
97.40
+1.1%
Top 40
63,654
+0.8%
All Share
70,240
+0.7%
Resource 10
64,920
+0.7%
Industrial 25
85,451
+1.0%
Financial 15
15,822
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE