Lorinda: Spatel agter die spa

SY is die spatel van die spa – die dun stukkie gereedskap wat die vele elemente van ’n besigheid kan meng, klonte uitstryk en sorg dat die salf aangesmeer word waar dit hoort.

As Lorinda Maritz die knop druk, loop die masjien op geoliede wiele; en as jy nog nie onder haar en haar professionele span se hande deurgeloop het nie, is daar ’n dalk ’n onnodige skroef los in jou skelet.

Dit was nie altyd so nie. Sukses kom deur harde werk, fokus en bereidheid om aan te hou leer. En haar ervaring strek oor meer as twee dekades. Toe sy ongeveer 23 jaar gelede in Jeffreysbaai kom inloer het, het sy eers as opgeleide skoonheidsdeskundige vir ’n ander maatskappy gewerk voordat sy die eerste van haar vier gesogte mediese spa’s op die been gebring het. Aanvanklik was daar allerlei groeipyne en gemik en gedruk voordat spiere behoorlik wou funksioneer.

Sy is ’n meisie van die Drakensberge; die sneeu by Tiffendell, en die winterstilte en die wasem as jy asemhaal – dit is haar hartsdinge.

Maar sy moes eers getemper word om die vrou van vandag te wees: skool voltooi by Oranje Meisieskool, gevolg deur ’n sekretariële kursus by Pretoria Technikon (op Moeder se aandrang). Maar Lorinda is totaal nie ’n sekretaresse nie. Sy hét die persoonlikheid, maar die papierwerk krap alles in haar deurmekaar.

Soos dit met meisies gaan – “she walked down the aisle like a good girl should,” en ’n Namibiër “followed her down the aisle like she knew he would.” Een seun is uit daardie huwelik gebore.

Maar haar oog was op verdere studie, as skoonheidsdeskundige by Jane Barrett Akademie in Pretoria. Na twee-en-‘n-halfjaar het sy haar eerste spa in Jeffreysbaai geopen en die interieur met ’n kennersoog die lyne van besigheid en gemak laat saamsmelt: minimalistiese, maar noodsaaklike meublement, uitstaande ontvangs-area, aparte behandelingskamers, sagte beligting en musiek. Dit was altyd haar begeerte – vanaf uitstekende velsorg en -produkte tot by hoogs professionele behandeling vir allerlei spier-, skelet- en ander probleme wat masseer- en manipulasie-tegnieke verg.

Dié tipe besigheid vra na gedissiplineerde optrede teenoor kliënte, ’n kerngesonde etos, ’n liefde vir die taak. Dit is vir haar ’n veld waar sy mense se psige sowel as die liggaam kan bereik. Daarom bly sy op hoogte van die nuutste ontwikkeling op die gebied, bied sy slegs die beste velsorgprodukte aan en leer sy haar personeel om met deernis, integriteit en wysheid teenoor kliënte op te tree. Daarby voeg sy professionele opleiding van persone uit alle rassegroepe.

Lorinda is bowenal gefokus. Geen dralery word in die werksplek geduld nie.

Omdat sy ’n omgee-mens is, is haar prioriteit om slegs die mooiste gesindheid tussen werkers aan te moedig. Hier is liefde in aksie – met die nodige dissipline, en bereidheid van werkers om voortdurend kennis van hul veld te verbeter en tegnieke op te gradeer.

Sy beskou dr. Bradley Wagemaker, chemikus en pro-dukte-ontwikkelaar (wat in 2000 die Nobelprys gewen het), as mentor.

Sy sou graag akademiese Sielkunde by haar repertoire wou voeg, maar om vier sentrums in drie dorpe te besit en te bestuur, verg baie van haar tyd. Tog lees sy graag (biografieë, “skokgoed”, boeke met iets om die lyf). Die lewe is te kort om tyd aan liefie-diefie storietjies af te staan. Reis is nie uitgesluit nie – Frankryk, Griekeland, Egipte, Israel, Kroasië het sy al deurgedraf en sy is nog lank nie moeg nie. En, voeg sy by, dit alles is guns en genade van Bo.

En daar is Lorinda Maritz – haastig, maar gefokus, deeglik in beheer, suksesvol omdat sy wóú.“A no-nonsense girl.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pound
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Gold
1,853.66
0.0%
Silver
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent Crude
119.43
+1.7%
Top 40
63,883
+1.4%
All Share
70,486
+1.4%
Resource 10
76,948
+0.6%
Industrial 25
76,115
+1.3%
Financial 15
16,257
+2.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE