Meisie (11) swem 7.6km in koue see

HAAR grootste vrees het Vrydag kort ná 08:00 sommer eerste aan die beurt gekom: bamboes!

Maar Abriella Bredell van St. Francisbaai, wat die swemtog van Robbeneiland tot by Grootbaai aangepak het, het moedig, kaalvoet en sonder ’n duikpak deur die seewater van 14 °C geklief – rigting Bloubergstrand.

Met slegs ’n pienk baaibroek, silwer swempet, helderblou swembril, swart polshorlosie en ’n Vaseline-gesmeerde lyf het die 11-jarige op ’n warm en windlose Kaapse oggend die jongste swemmer geword wat die 7,6 km vanaf die wêreldberoemde eiland tot by Grootbaai se menseredderstasie afgelê het.

Pa Pierre was deurgaans langs haar op een van twee rubberbote wat haar en ’n volwasse medeswemmer vergesel het.

Die boot was met ’n haai-afweertoestel toegerus vir ingeval ongenooide gaste sou aanmeld, het Bredell gesê en bygevoeg dat sy dogter banger vir seegras en bamboes as vir die seestrome of haaie is.

Haar ma, Lauryn, het die jong swemmer saam met sowat 200 mense ingewag toe sy sowat 3 uur en 20 minute later in die vlak water orent kom en met ’n nuwe rekord onder die belt na die strand stap.

Die bekende swemmer en ’n veteraan van dié swemroete, Theodore Yach, was ook daar om haar geluk te wens. “Dis absoluut merkwaardig. Dis wêreldklas.

“Dit gaan alles daaroor om die koue te klop,” het hy gesê en bygevoeg dat sy nou die jongste swemmer is wat hierdie prestasie behaal het.

Volgens haar pa het sy haar baie deeglik voorberei vir hierdie dag. Hy het gesê dit is ’n baie emosionele oomblik vir hom, want dit het gevolg op twee jaar se harde werk.

’n Verklaring op die BackaBuddy-geldinsamelingsplatform het die gesin die swemtog gebruik om geld vir Abriella se gunsteling-welwillendheidsorganisasie, die Rooi Kruis-kinderhospitaal, in te samel.

“Sy swem ses dae van die week en kry fisio-terapie, en op Sondae swem sy 8 km. Toe sy vir my vanoggend voor die tyd sê dat sy senuagtig is, het ek gesê hierdie is maar net haar gewone Sondagswem,” het Lauryn gesê.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Matric results are out! Are you happy with your child's result?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, the pandemic really messed up their ability to focus
35% - 102 votes
Yes, they did well given the circumstances
65% - 186 votes
Vote
Rand - Dollar
15.10
+0.9%
Rand - Pound
20.46
+0.1%
Rand - Euro
17.13
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.1%
Rand - Yen
0.13
+0.1%
Gold
1,834.71
0.0%
Silver
24.29
0.0%
Palladium
2,111.50
0.0%
Platinum
1,034.00
0.0%
Brent Crude
87.89
-0.6%
Top 40
68,186
-2.1%
All Share
74,835
-1.9%
Resource 10
74,924
-3.0%
Industrial 25
94,147
-1.8%
Financial 15
15,076
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE