Potjoekos pret by karnaval

2015-08-26 06:00
Foto: tania sandberg
Yolanda Albertyn met haar lamskenkel pot.

Foto: tania sandberg Yolanda Albertyn met haar lamskenkel pot.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

‘n HOOGTEPUNT op vanjaar se Kuswag Karnaval was die potjiekos kompetisie, geborg deur Makro. Dit was ‘n geskarrel en gewerskaf van vroegoggend om die beste potjie bymekaar te sit en deelnemers het alles uitgehaal om die beoordeellaars te be?ndruk.

Johan van Romburgh het sy “Sarel Slaghuis” beesstert en kluitjie potjie se geur uitgebring met rooiwyn en dit bedien met “Tant Malie” se stampmielies en ‘n perskebrandewyn-poeding vir nagereg. Dit was duidelik ‘n wenresep en hy is met die eerste prys beloon.

Zack Prinsloo het ingeskryf vir die pret en ‘n oorspronklike biltong en beesstert potjie bymekaar gesit, bedien met ‘n bierbrood as bygereg.

Neil Geustyn en Francious Herbst sê jou potjie is so goed soos die aandag wat jy daaraan gee, hul het ‘n mosselpot as voorgereg bedien en ‘n beesstert potjie as hoofgereg.

Hendrik Viviers reken skaapskenkeltjies maak die beste potjie saam met heel uitjies, klein aartappeltjies en droë vrugte soos pruime en appels.

Yolanda Albertyn glo kwaliteit bestandele met liefde bymekaar gesit maak die beste potjie. Sy het haar lamskenkel potjie “Kruidjie-roer- my-nie” gedoop.

‘n Span van Makro, AK Yunus, Daniel Naidoo en Rodney Ganasen, het ook ‘n potjie voorberei, maar nie vir die kompetisie nie. “Ten wille van spanbou het ons ‘n groentepotjie voorberei. “Ons gaan dit bedien dit met botterskorsies gevul met mielies en kaas,” sê Ganasen.

Of mens nou deelgeneem het vir die pret of die kompetisie, almal is dit eens potjiekos bly ‘n wenner

NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.