Bekende sanger tree op by Kuswag Karnaval

2016-08-03 06:00
Bekroonde sanger en liedjieskrywer, Gerhard Steyn, gaan gehore vermaak tydens die Kuswag Karnaval.Bekroonde sanger en liedjieskrywer, Gerhard Steyn, gaan gehore vermaak tydens die Kuswag Karnaval.

Bekroonde sanger en liedjieskrywer, Gerhard Steyn, gaan gehore vermaak tydens die Kuswag Karnaval.Bekroonde sanger en liedjieskrywer, Gerhard Steyn, gaan gehore vermaak tydens die Kuswag Karnaval.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GEHORE het met Gerhard Steyn kennis gemaak toe Baby Tjoklits die klankgolwe getref het. Daarna het liedjies soos Breekbaar, Parfuum, Jy’s My Hartklop, Dimpels en Diamante vir Jou gevolg en seker gemaak dat die sanger-liedjieskrywer Gerhard Steyn geen bekendstelling meer nodig het nie.

Vanjaar vier dié ikoon sy tiende jaar in die Afrikaanse musiekbedryf met sy nuwe album, Afrikaanse Meisies­. Die bekende sanger gaan op Saterdagaand 13 Augustus by die Kuswag Karnaval optree.

Kaartjies vir die optrede by die Kuswag Karnaval is slegs R60 per volwassene en R30 per kind om in te gaan. Kinders onder twee is gratis en parkering sal ook gratis wees. Mense kan hul eie komberse en stoele saambring. Hou gerus die Kuswag Karnaval Faceboek blad dop vir die volledige­ program.

Vir elk van Steyn se aanhangers sal sy nuwe album ‘n móét wees, omdat dit nie net ‘n rits nuwe liedjies bevat nie, maar ook ‘n samevatting is van al sy grootste treffers wat volksbesit geword het oor die afgelope 10 jaar.

Afrikaanse Meisies sorg vir ‘n musiekreis van saamsing, dans en lekker luister, terwyl die luisteraar lied vir lied kan volg hoe Steyn as sanger, liedjieskrywer en kunstenaar gegroei het.

Net soos met van Steyn se vorige albums, is Afrikaanse Meisies deur Stass vervaardig. Waar dié twee kundiges saamwerk kan ‘n mens verwag om ‘n produk van hoë gehalte te ervaar. Die harde werk, passie en energie wat daaraan bestee is, is onmisbaar. Dis juis hierdie kwaliteit van Steyn se musiek wat voorheen vir hom verskeie toekennings besorg het.

Nuwe snitte op die album sluit in Bosveldbloed (saam met Richard van der Westhuizen), Verlief op ’n Dief, Breek Vry en Natalie. Daar is geen tekort aan verskeidenheid in hierdie­ nuwe snitte nie, wat by oud en jonk byval sal vind. Die verras-singselement is die keurspel van Engelse­ liedjies wat verseker ook die teiken tref. In dié keurspel is daar liedjies van Clout, Abba, Tina Turner, Davis Scobie en Journey.

Een van die mees emosionele snitte is My Ma Se Woorde, vertel Steyn.

“Ek het nog nooit vir my Ma ‘n lied geskryf nie en wou graag. Sy was onlangs baie siek, soveel so dat sy in intensief opgeneem was. Hoewel sy mooi herstel het, het die hele situasie my geruk. Die vreemde ding is dat ek die lied sowat ‘n week voordat sy in die hospitaal beland het, geskryf het,” sê hy.

Dit was voorwaar ‘n dekade van vele hoogtepunte vir die platinum-bekroonde sanger. - Verskaf.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.