Beleef die biddag in Bloemfontein

2017-05-17 06:01
 Fotos: verskafJan en Ansie Nieuwenhuis.

Fotos: verskafJan en Ansie Nieuwenhuis.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JAN en Ansie Nieuwenhuis het ‘n week voor die “It’s time” biddag besluit om te gaan.

Jan het reeds Mighty Men konferensies bygewoon en hy wou graag gaan. Hul het saam vertrek Donderdag-oggend en in Bloemfontein eers ‘n draai gemaak by die plaas waar die biddag sou plaasvind. Hul het gestop by die drie staalkruise wat op die koppies by die plaas opgerig was, duidelik sigbaar van die snelweg.

Vir Ansie is oomblik wat hul by die staalkruise spandeer het ‘n ongelooflike ervaring. “Hul het die kruise reeds twee jaar, nog voordat hul nog geweet het van die komende biddag, beplan. Dit is staal kruise met sleeperblokke gevul en rooi lappe gedrapeer. Die kruise is lewensgroot en hul moes ‘n ‘struktural’ ingenieur kry om hul te help. Daar is ‘n houtafskortingtjie en ‘n mens kan daar sit en bid, dit is heilige oomblikke,” vertel Ansie.

“Die oggend het ons so net na 6vm uit Bloemfontein vertrek na die plaas. Ons was daar binne 20 minute en hul het ons dadelik gewys waar om te parkeer. Daar het heeltyd oor die plaas so ‘n kalmte geheers, ‘n rustigheid. Dit het gevoel of daar ‘n laer om die plek getrek was. Daar was nie merkers nie, tog het mense vanself in reguit rye gaan sit soos bioskoopgangers. Daar was 24 klankstasies met skerms en hul moes drade oor ‘n afstand van 10 km aanlê. Sodra mense begin hoor het van die biddag, het hul hul dienste aangebied en geborg,” sê Ansie.

“Die vorige byeenkoms by Soweto het ‘n jaar gevat om te reël, dit is ongelooflik om te sien hierdie biddag is in net ses weke gereël. Dit het alles gebeur nadat ‘n boer op sosiale media Angus Bachan gevra het om iets te reël waar alle gelowiges kan bid vir ons land. Angus het toe daaroor gebid en die Here het vir hom die gedagte gegee vir It’s Time,” vertel Jan.

“Toe ek by Mighty Men was, was dit ongelooflik om 400 000 mans saam te hoor sê ‘Amen’ en ek het gewonder hoe dit sal klink as meer as ‘n miljoen mense ‘Amen’ sê. Ek kan net sê om saam met meer as ‘n miljoen ander mense te bid is wonderbaar. Angus Bachan het gesê hy gaan dit nie vir ons maklik maak nie en ons almal versoek om op ons knieë te gaan. Groot manne het gehuil en geween voor die Here,” vertel Jan.

“Toe se Angus, ‘God show us the Holy Spirit’. Ons het mense agter ons hoor juig en klap en skreeu. ‘n Wind het deur die skares gewaai en toe ek so omkyk sien ek ‘n swart sambreel soos ‘n warrelwind,” sê Ansie. “Die boodskap was ons moet nou hande vat en saam vir hierdie land bid. Toe die biddag verby is loop miljoen mense na hul motors en busse. Dit was moeilik om te onthou waar mense parkeer het, maar ek onthou toe ons motor se neus het Bloemfontein toe gewys en ons vind dit toe maklik. Sondag het daar so gemoedelike atmosfeer geheers, ook op die paaie oppad terug. Ons is bly ons het die voorreg gehad om deel daarvan te wees,” sê Ansie.

Satan val gelowiges aan

Jenny Kruger het dieselfde ondervind.

“Mens het nooit nog so baie mense bymekaar gesien nie en dit was so goed georganiseed. Niemand het ongeduldig geraak nie. Ek het eers 9vm op die plaas aangekom. Orals het mense vir mekaar spasie gemaak en die verkeer het gevloei,” vertel sy. Kruger se toe sy die eerste pos oor die biddag op Facebook gesien het, het sy skielik ‘n gevoel gehad sy moet gaan. “Ek het gedink aan die kostes verbonde en gehoor Angus het gesê op televisie dat geld net ‘n aardse ding is, jy doen dit vir jou land om saam met die hele land te bid. Die enigste manier hoe ek dit kon doen was deur “Travelstart en dit het beteken ek moes twee vlugte soontoe en weer twee terugboek. Ek het vir akkomodasie gesoek. Binne twee dae van die televisie uitsending was alles volgeboek. Ek het gebid vir akkomodasie laat God se wil geskied en die soekmasjien Google gebruik en hotel akkomodasie gekry en dadelik bespreek,” sê Kruger.

“Ek het nie woorde vir wat gebeur het nie. In 2013 het ek Jerusalem getoer met die Finessse Toer en by ‘n groepsbespreking het Angus Bachan ons toegespreek.

“Angus het gevra ons moet in gebed instaan vir iemand. Ek het ingestaan vir ‘n Christelike man vir ‘n vriendin wat 43 jaar oud was en nooit getroud is nie. Sy is getroud met ‘n Christelike man in September 2014. Daar was ook ‘n bekende sanger paartjie. Die sangeres het ingestaan vir haar skoonsuster om swanger te raak. Ek het gehoor hoe die sangeres in Januarie 2014 vertel het sy is self swanger met ‘n tweeling,” vertel Kruger.

“By die Bloemfontein-biddag toe ons weer saam op ons kneë gegaan en gebid het, was dit ongelooflik. Angus het gesê die Heilige Gees is hier, voel jul dit? Mense agter ons het begin juig en skree.

“‘n Warrelwind het opgekom. Ek het opgemerk dat ‘n sambreel in die lug opgeskiet het, gedraai en stadig terruggekom het aarde toe,” vertel sy. “By die biddag het ek geleer ons kan saamstaan as ‘n land en bid, alle rasse en ouderdomme was daar. Dit maak nie saak wie die regerende party is nie. As ons respek en liefde vir alle mense wys en hul welstand eerste stel, sal dit met ons goed gaan as ‘n land,” voeg sy by. “Ons moet saamstaan as ‘n land en mekaar respekteer en as ons dit genoeg doen en empatie het, sal dinge verander. Ons moet met reënboog-brille en nie met haat en geweld kyk nie. Dit is nie te se dit is maklik nie. Satan val gelowiges aan.

“Oor gelowiges wat respek en menslikheid het, het ek hoop vir ons land. Ons moet ophou dink wat kan ek uit dit kry? Begin dink oor die beste vir ons en ons kinders,” sê sy.

JAN en Ansie Nieuwenhuis het ‘n week voor die “It’s time” biddag besluit om te gaan.

Jan het reeds Mighty Men konferensies bygewoon en hy wou graag gaan. Hul het saam vertrek Donderdag-oggend en in Bloemfontein eers ‘n draai gemaak by die plaas waar die biddag sou plaasvind. Hul het gestop by die drie staalkruise wat op die koppies by die plaas opgerig was, duidelik sigbaar van die snelweg.

Vir Ansie is oomblik wat hul by die staalkruise spandeer het ‘n ongelooflike ervaring.

“Hul het die kruise reeds twee jaar, nog voordat hul nog geweet het van die komende biddag, beplan. Dit is staal kruise met sleeperblokke gevul en rooi lappe gedrapeer. Die kruise is lewensgroot en hul moes ‘n ‘struktural’ ingenieur kry om hul te help. Daar is ‘n houtafskortingtjie en ‘n mens kan daar sit en bid, dit is heilige oomblikke,” vertel Ansie.

“Die oggend het ons so net na 6vm uit Bloemfontein vertrek na die plaas. Ons was daar binne 20 minute en hul het ons dadelik gewys waar om te parkeer. Daar het heeltyd oor die plaas so ‘n kalmte geheers, ‘n rustigheid. Dit het gevoel of daar ‘n laer om die plek getrek was. Daar was nie merkers nie, tog het mense vanself in reguit rye gaan sit soos bioskoopgangers. Daar was 24 klankstasies met skerms en hul moes drade oor ‘n afstand van 10 km aanlê. Sodra mense begin hoor het van die biddag, het hul hul dienste aangebied en geborg,” sê Ansie.

“Die vorige byeenkoms by Soweto het ‘n jaar gevat om te reël, dit is ongelooflik om te sien hierdie biddag is in net ses weke gereël. Dit het alles gebeur nadat ‘n boer op sosiale media Angus Bachan gevra het om iets te reël waar alle gelowiges kan bid vir ons land. Angus het toe daaroor gebid en die Here het vir hom die gedagte gegee vir It’s Time,” vertel Jan.

“Toe ek by Mighty Men was, was dit ongelooflik om 400 000 mans saam te hoor sê ‘Amen’ en ek het gewonder hoe dit sal klink as meer as ‘n miljoen mense ‘Amen’ sê. Ek kan net sê om saam met meer as ‘n miljoen ander mense te bid is wonderbaar. Angus Bachan het gesê hy gaan dit nie vir ons maklik maak nie en ons almal versoek om op ons knieë te gaan. Groot manne het gehuil en geween voor die Here,” vertel Jan.

“Toe se Angus, ‘God show us the Holy Spirit’. Ons het mense agter ons hoor juig en klap en skreeu. ‘n Wind het deur die skares gewaai en toe ek so omkyk sien ek ‘n swart sambreel soos ‘n warrelwind,” sê Ansie.

“Die boodskap was ons moet nou hande vat en saam vir hierdie land bid. Toe die biddag verby is loop miljoen mense na hul motors en busse. Dit was moeilik om te onthou waar mense parkeer het, maar ek onthou toe ons motor se neus het Bloemfontein toe gewys en ons vind dit toe maklik. Sondag het daar so gemoedelike atmosfeer geheers, ook op die paaie oppad terug. Ons is bly ons het die voorreg gehad om deel daarvan te wees,” sê Ansie.

Satan val gelowiges aan

Jenny Kruger het dieselfde ondervind.

“Mens het nooit nog so baie mense bymekaar gesien nie en dit was so goed georganiseed. Niemand het ongeduldig geraak nie. Ek het eers 9vm op die plaas aangekom. Orals het mense vir mekaar spasie gemaak en die verkeer het gevloei,” vertel sy.

Kruger se toe sy die eerste pos oor die biddag op Facebook gesien het, het sy skielik ‘n gevoel gehad sy moet gaan.

“Ek het gedink aan die kostes verbonde en gehoor Angus het gesê op televisie dat geld net ‘n aardse ding is, jy doen dit vir jou land om saam met die hele land te bid. Die enigste manier hoe ek dit kon doen was deur

“Travelstart en dit het beteken ek moes twee vlugte soontoe en weer twee terugboek. Ek het vir akkomodasie gesoek. Binne twee dae van die televisie uitsending was alles volgeboek. Ek het gebid vir akkomodasie laat God se wil geskied en die soekmasjien Google gebruik en hotel akkomodasie gekry en dadelik bespreek,” sê Kruger.

“Ek het nie woorde vir wat gebeur het nie. In 2013 het ek Jerusalem getoer met die Finessse Toer en by ‘n groepsbespreking het Angus Bachan ons toegespreek.

“Angus het gevra ons moet in gebed instaan vir iemand. Ek het ingestaan vir ‘n Christelike man vir ‘n vriendin wat 43 jaar oud was en nooit getroud is nie. Sy is getroud met ‘n Christelike man in September 2014. Daar was ook ‘n bekende sanger paartjie. Die sangeres het ingestaan vir haar skoonsuster om swanger te raak. Ek het gehoor hoe die sangeres in Januarie 2014 vertel het sy is self swanger met ‘n tweeling,” vertel Kruger.

“By die Bloemfontein-biddag toe ons weer saam op ons kneë gegaan en gebid het, was dit ongelooflik. Angus het gesê die Heilige Gees is hier, voel jul dit? Mense agter ons het begin juig en skree.

“‘n Warrelwind het opgekom. Ek het opgemerk dat ‘n sambreel in die lug opgeskiet het, gedraai en stadig terruggekom het aarde toe,” vertel sy.

“By die biddag het ek geleer ons kan saamstaan as ‘n land en bid, alle rasse en ouderdomme was daar. Dit maak nie saak wie die regerende party is nie. As ons respek en liefde vir alle mense wys en hul welstand eerste stel, sal dit met ons goed gaan as ‘n land,” voeg sy by.

“Ons moet saamstaan as ‘n land en mekaar respekteer en as ons dit genoeg doen en empatie het, sal dinge verander. Ons moet met reënboog-brille en nie met haat en geweld kyk nie. Dit is nie te se dit is maklik nie. Satan val gelowiges aan.

“Oor gelowiges wat respek en menslikheid het, het ek hoop vir ons land. Ons moet ophou dink wat kan ek uit dit kry? Begin dink oor die beste vir ons en ons kinders,” sê sy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.