Dink voor jy skenk

2016-04-27 06:00
‘n Helpende Hand vrywilliger staan en bedel met onkonvensionele gesegde op sy  kartonbord om die publiek bewus te maak van hoe om nie geld te skenk nie. Foto: VERSKAF

‘n Helpende Hand vrywilliger staan en bedel met onkonvensionele gesegde op sy  kartonbord om die publiek bewus te maak van hoe om nie geld te skenk nie. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LEES maar mooi wat op die kartonbord van ’n bedelaar op jou naaste hoek staan as jy weer wil geld gee, dit mag dalk ’n vrywilliger of personeellid van Solidariteit Helpende Hand wees wat jou daarop wil wys dat jy dalk onnadenkend gee.

Helpende Hand se 150 takke met meer as 300 van Solidariteit Helpende Hand se personeel, vrywilligers en ondersteuners het tussen 18 en 20 April, landswyd op straathoeke en by verkeersligte reg oor die land staan en bedel met onkonvensionele gesegdes op kartonborde. Die plaaslike tak het vergader by die Moss Kolnik en Arbour Road straathoek.

“Met die projek wys Helpende Hand die publiek daarop dat ten spyte van wat op die kamma bedelaars se borde staan, verbygangers steeds geld gee en dit te midde van die kontroversiële versoeke op die kartonborde,” sê die organisasie se verteenwoordiger, Mariette van Heerden.

Daar is in 35 dorpe en stede bewusmaking geskep vir die #geeReg projek. Borde bevat kontroversiële boodskappe soos “jou geld voer my dwelmverslawing” en “gee my geld om dwelms te koop asseblief”. Hierdie taktiek is daarop gemik om die publiek daarop te wys dat daar onnadenkend en om verkeerde redes aan Bedelaars gegee word.

In ’n kwalitatiewe studie wat deur Helpende Hand onderneem is het respondente beweer dat tot 90% van blanke bedelaars aan dwelms verslaaf is. Die organisasie glo dat skenkings eerder aan betroubare instansies gemaak moet word wat hulle daarop toespits om armes by te staan op ’n konstruktiewe manier en wil dringende beroep op die publiek doen om nie geld aan bedelaars te gee nie.

Volgens dr Danie Brink, uitvoerende hoof by Solidariteit Helpende Hand is die organisasie nie net een wat links en regs hulp en geld uitdeel nie.
“Wanneer ons iets vir iemand gee of doen wat hulle in staat is om vir hulself te doen, is ons besig met giftige hulp. Ons doen dit gewoonlik vir jong mans wat by ’n verkeerslig staan en bedel. Hierdie jong manne is gewoonlik heeltemal in staat om ‘in die sweet van hulle aangesig hulle brood te verdien’, maar ons gee vir hulle geld of goed en maak asof hulle nie daartoe in staat is nie.”

Die #geeReg projek gaan hand-aan-hand met die bekendstelling van die dokumentêrBedwelmd wat op 21 April by die Atterbury teater in Pretoria bekendgestel word. Die dokumentêr bestaan uit gesprekke met gerehabiliteerde dwelmverslaafdes en hul geliefdes wat dié tragedie tot in die kyker se sitkamer bring. Die dokumentêr is daarop gemik om mense bewus te maak van die gevare as hulle onnadenkend geld vir bedelaars gee, wat die gevolge daarvan is, en watter fasette van mense se lewens dit aanraak.

Die dokumentêr sal Donderdag na afloop van die bekendstelling gratis beskikbaar wees op die internet. Besoek geruswww.geereg.co.za om dit te sien.

Indien u meer inligting soek oor die #geeREG-veldtog of wil weet waar in die area die veldtog plaasvind skakel gerus vir Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand, op 012 644 4390 of stuur ’n e-pos na lizelle@helpendehand.co.za

Kontak Elize Pelser, die Amanzimtoti Helpende Hand takvoorsitter by 082 655 5902 as jy by projekte in Amanzimtoti wil betrokke raak.
- Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.