Help Helpende Hand in die feestyd

2017-12-06 06:00
Fiona Albertse in Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkel nooi die publiek om hul te besoek.FOTO: Tania Sandberg

Fiona Albertse in Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkel nooi die publiek om hul te besoek.FOTO: Tania Sandberg

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NIE-WINSGEWENDE organisasie Solidariteit Helpende Hand doen ‘n spesiale beroep op al Amanzimtoti se inwoners om asseblief hul kaste leeg te maak, deur al die onnodige opgaar goed na hul skenkingswinkel, ‘Ons Winkel’ in die middedorp, agter die poskantoor te bring en te skenk.

“Soos almal weet is ons jaar amper verby en betree ons die feestyd en deur die jaar is ons mos maar geneig om op te gaar. Vandag is ‘Ons Winkel’ daar om die opgaringsproses te vergemaklik,” sê Fiona Albertse van Ons Winkel.

“Ons het skade gely met die groot reën en ons voorraadvlakke is laag daarom sal ons dit baie waardeer as ons inwoners al hul wit olifant items, klere, meubels, boeke, speelgoed en kombuisware aan ons skenk om te verkoop aan die publiek.

“Helpende Hand streef om armoede nie net te verlig nie maar eerder te verbreek en voorkom. Daarom fokus ons daarop dat kinders hul potensiaal bereik deur studies van skoolverlaters te befonds met rentevrye studielenings,” sê sy.

Albertse nooi ook die publiek uit om die winkel te besoek en rond te snuffel.

“Wie weet miskien vind jy ietsie wat bruikbaar is,” skerts Albertse.

‘Ons Winkel’ is oop van 9vm tot 4:30nm op weeksdae en van 9vm tot 1nm op Saterdae. Hul adres is Winkel 1, Lagoon Sentrum, Toti, Sentrale Besigheidsdistrik (agter die hoof poskantoor).

Kontak Fiona op 076 125 7526 of Deon op 063 608 6239 vir verdere inligting.

Solidariteit Helpende Hand streef om armoede te verlig, verbreek en voorkom deur volhoubare projekte aan te pak. Om hul finansieel te ondersteun word ‘n ondersteuner vir so min as R50 per maand. Skakel KwaZulu-Natal Streeksorganiseerder, Mariëtte van Heerden op 084 411 7806 of SMS die woord “help” na 39953 en hulle sal jou terugskakel om ‘n ondersteuner te word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.