Matrieks val deur die krake van SA se onderwysfondasie

2017-01-25 06:03
By die bekendstelling van die Skoleondersteuningsentrum se verslag is Hugo Vermeulen, hoof van die Skoleondersteuningsentrum. Foto: verskaf

By die bekendstelling van die Skoleondersteuningsentrum se verslag is Hugo Vermeulen, hoof van die Skoleondersteuningsentrum. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SOLIDARITEIT Helpende Hand se nuutste verslag wys onderwys is in krisis gedompel.

Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) se SOS-verslag oor die 2016 senior sertifikaat-eksamen toon baie duidelik dat alles nie wel is met die vlak van onderwys in die land nie. Daarenteen presteer Afrikaanse skole steeds baie goed, ten spyte van aanslae.

Volgens die verslag het daar sedert die begin van 2016 tot en met die matriekeksamen aan die einde van die jaar 13% van matrieks weggeraak en nie die finale eksamen geskryf nie.

Dit is nadat die matrieks aan die begin van die jaar geregistreer het om die eksamen te skryf. Daarby het 13% die eksamen as deeltydse studente afgelê. Daar het dus slegs 74% van die matrieks voltydse onderrig ontvang.

“Ons kinders is besig om deur die krake te glip,” sê Hugo Vermeulen, hoof van die Skoleondersteuningsentrum.

“Nie die muur se krake nie, die fondasies se krake. Hulle maak nie skool klaar nie en gooi hulle toekoms weg. Geen onderwysdepartement kan tevrede wees met ? sisteem waar ? kwart van ons kinders hulle matriek druip nie.”

Die SOS het ? volledige ontleding van die 2016-uitslae gedoen en het onder andere ? Top-20-lys van skole met die meeste onderskeidings in wiskunde, Afrikaans huistaal, fisiese wetenskap en rekeningkunde opgestel. Hierdie vakke is nodig vir skaars studierigtings wat in die toekoms baie gesog gaan wees.

Wiskunde is die grootste bron van kommer aangesien 66,5% van matrieks nie 40% in die vak kon behaal nie. Die SOS voel sterk dat vaardighede in wiskunde van kardinale belang is.

“Wiskunde leer kinders om probleme op te los. En dit is kritiek vir die toekoms van ons land,” sê Vermeulen.

Die persentasie kandidate wat wiskunde neem, het met 2,7% toegeneem vanaf 2015. Dit toon ? redelike konstantheid sedert 2012. Die nasionale visie om meer wiskunde-matrikulante te lewer, is persentasiegewys nie juis suksesvol nie.

In teenstelling met die nasionale slaagsyfer van 72,5% is die slaagsyfer by Afrikaans huistaal-skole 89,9%.

Volgens Vermeulen bewys hierdie statistieke dat Afrikaanse skole uitstekend presteer en steeds vir Afrikaanse leerders ’n opvoedkundige tuiste skep. In hierdie skole word die suksesvolle afhandeling van ’n skoolloopbaan amper gewaarborg.

Afrikaans huistaal-skole behaal 20,9% van die toelatings tot B-graadstudies, terwyl hulle net 10,6% van alle hoërskole in Suid-Afrika uitmaak.

“Wanneer ons kyk na presteerskole se aantal onderskeidings in wiskunde, rekeningkunde en fisiese wetenskap, word dit duidelik dat vyf van die top-sewe skole Afrikaans huistaal-skole is,” sê Vermeulen.

Hierdie skole is Hoërskool Menlopark, Paul Roos Gimnasium, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Hoër Meisieskool Bloemhof en Afrikaanse Hoër Seunskool.

- Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.