Toekoms van Afrikaans skole in the kollig

2016-04-06 06:00

AFRIKAANS sal nie sommer verdwyn nie. Dít is die mening van onderwyskenners wat by die Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) se bekendstelling in die Atterbury Teater gepraat het. Volgens hierdie vooraanstaande onderwyskenners sal daar nog teen 2 036 Afrikaanse skole in Suid-Afrika wees solank Afrikaanse organisasies verantwoordelikheid vir hulle eie toekoms neem.

Paul Colditz van Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) was een van die gassprekers van die aand wat Afrikaanse onderwysers en skoolhoofde bemoedig het.
“Ons moet onthou dat die kleinste bosluis die grootste, hardkoppigste os kan plattrek. Hy moet net op die os wees en hy moet byt. Danksy organisasies soos die SOS en Fedsas is Afrikaanse skole op die os en is hulle reg om te byt.”

Helpende Hand het die Skole-ondersteuningsentrum (SOS) tot stand gebring om aan die groeiende behoefte vir onderwysbystand vir Afrikaanse skole te voldoen. Armoede raak alle mense in die samelewing en kinders word juis die meeste daardeur geraak. Helpende Hand is van mening dat armoede voorkom en verbreek kan word deur kwaliteit opleiding en onderwys. Aangesien Helpende Hand se fokus die voorkoming, verligting en verbreking van armoede is, is die SOS betrokke by opleiding van onderwysers en leerlinge.

Tans fokus die SOS-opleiding op Wiskunde en Afrikaans Huistaal, algemene opvoedkundige beginsels soos leierskap en dissipline, asook onderwysers se rekenaarvaardighede en aanwending van tegnologie ter bevordering van leer in die klaskamer. Hierdie dienste is almal breedvoerig op die bekendstelling verduidelik.

Volgens Dr. Danie Brink, hoof uitvoerende beampte van Helpende Hand, bring SOS graag hulde aan Afrikaanse skole wat goed presteer: “SOS het ’n punt daarvan gemaak om aan die bes-presterende Afrikaanse skole erkenning vir hul prestasies te gee. Afrikaanse skole lewer top prestasies in Wiskunde en Wetenskap en doen feitelik 500% beter as ander openbare skole.”

Volgens prof. Theuns Eloff, oudrektor van die Noordwes Universiteit, is daar vraagtekens oor die voortbestaan van Afrikaans op universiteitsvlak, maar volgens hom het Afrikaans op skoolvlak nog ? belangrike rol om te speel.

Hy het verder gesê dat die voortbestaan van Afrikaanse skole verseker kan word indien ouers steeds, soos in die verlede, hulle kinders in Afrikaanse openbare skole sal plaas en hulleself beskikbaar sal stel om op die skool se beheerliggaam te dien.
- Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.