Uit die boonste rakke

2016-02-03 06:00
Markus Els.  Photo: ISO media

Markus Els. Photo: ISO media

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KLANKREGISEER, Markus Els, het met passie en toewyding sy merk in die musiekbedryf gemaak. As mens Els in drie woorde sou moet opsom, sou ek sê “onkonvensio-neel, talentvol, skepend”.
In sy eie woorde sê Els: “Ek is diep, onnodig diep, vasberade en hopelik kreatief”.

Els is ‘n kundige klankversorger en regiseer, met ‘n oor vir opkomende sangtalent en het ‘n string sangers se loopbane van baan gestuur deur hul CD klankversorging te doen en die aandag van vervaardigers soos Sony en Universal Studios te trek.

Els sê hy probeer om geestelik te wees­ en hy probeer hard om nie egostïes­ te wees nie.
“Ek glo ons is almal een in die mees wetenskaplike sin.”

Sy liefde vir musiek begin op laerskool.
“My sussie, Marike, het begin met musieklesse en my oom het vir haar ‘n Yamaha klavierbord geskenk. Ek het gou uitgewerk ek kan dit gebruik as ‘n ‘synthesiser’ en ‘n drom-masjien. Later jare het ek stokkies gedraai van skool vir dae en op my ma se Casio klawerbord gespeel,” sê hy.

Op 16 kom hy goed op dreef toe hy ‘n rekenaar kry as ‘n geskenk en ‘n vriend vir hom ’n “Hammer head” en ‘n “Little Drummer Boy” daarby gee.

Sy sussie speel ‘n deurslaggewende rol in sy loopbaan.
“Marike is ‘n goeie sangeres en ek begin toe om haar produk voor te berei vir haar vervaardiger. Die gehalte was goed en dit het my gelei om dit vir ander ook te doen,” sê hy.

Op 19-jarige ouderdom verhuis Els na Kempton Park en ontdek hy kan ‘n inkomste verdien deur hip-hop vir skaatsplankryers en ‘rappers’ te maak.
“Ek het baie geleer. Groepe het vrylik na my gekom. Op ‘n stadium het ek met die voordeure oop geslaap, want daar was altyd groepe wat ingekom het. Dit was ‘n mal stadium in my lewe,

“In my laer twintigs is ek terug in Durban en ek het allerhande kelnerwerk gedoen. Een dag oppad na werk in Umhlanga besef ek, ek kan nie so aangaan nie. Ek het daardie selfde dag my eerste pamflet uitgebring: ‘Customised breaks to your liking’,” sê hy.

Els se groot deurbraak kom toe hy Latoya Buthelezi ontmoet.
“Ek het haar gevra om my kamermusiek te sing en almal was gaande daaroor. Ek het vir haar ‘n gratis demo CD met drie liedjies voorberei wat gelei het tot ‘n kontrak met Sony.
Sony was beïndruk met die klankvoorbereiding en het my gekontak om Latoya se album op te neem. Ek het die album se voorproduksie voltooi en Sony het dit vervaardig,” sê Els.

Vandag is Latoya internasionaal bekend.

Els verwerk daarna groot name soos Bandon Lee Hunt en Tresor Rizziki.
“Tresor was ‘n ‘rip roaring’ sukses. Hy is ‘n ongelooflike talentvolle liedjieskrywer en het twee groot ‘hits’ wat ons gemaak het vrygestel. Hy is deur Universal opgeteken.
“Dis wanneer ek besef het ek kan ‘mastering’ en klankversorsing doen,” sê Els.

Els reken sy sukses lê daarin dat hy tegniese vlakke kan doen op ‘n manier wat sensitief is vir die musiek en hy bring die goeie klanke uit. Hy bring meer groot name soos Zamal Nkabashe van Big Brother faam uit.

Op 32-jarige ouderdom ontmoet hy sy lewensmaat, Welma van der Walt. Die paartjie is nou al vier jaar saam en maak saam haar 11-jarige seun groot.

Els se trots is daarin dat hy spesialiseer in die klaarproduk.
“Wat sangers nodig het om die volgende stap [produksie] te vat. Ek probeer kuns maak, en nie net geld nie,” sê hy.

Hy het reeds opnames met die plaaslike talentvolle jong sangeres, Keely Crocker gedoen en hy beoog om verdere opnames te doen.
Mens sou sê Els is op die piek van sy loopbaan, maar vir hom is dit duidelik net die begin.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.