Wolf Army besoek Kuswag

2016-08-10 06:00

KUSWAG Skool het onlangs ‘n besoek gehad van The Wolf Army International. Leerlinge het meer geleer oor diere beskerming en die natuur.

The Wolf Army was gestig in 2005 as ‘n internasionale organisasie wat hom beywer vir die hervestiging van die wolf (Canis Lupus) in sy oorspronklike habitat, regoor die wêreld.

Die organisasie is tans aktief betrokke in die VSA, en Europa (Swede, Noorweë, Finland, Frankryk, Spanje en Duitsland, asook Rusland en die Ukraine. Hul hoof bedrywigheid is onderrig, inlig en onderhandeling met owerhede.

As gevolg van die feit dat wolwe nie natuurlik voorkom in Suidelike Afrika nie beywer die organisasie hom om wolwe wat hulleself in die land bevind, hoofsaaklik as gevolg van n mislukte eksperimentele operasie van die destydse SADF, op te spoor en waar die diere in haglike omstandighede verkeer, hulle te red en in n veilige hawe te plaas. Die organisasie probeer waar moontlik om die teel van wolwe stop te sit.

Stedelike bewaring

Verder beywer die organisasie hom om die bevolking, en veral die jeug te onderrig in die werklikhede van die natuur, wat besig is om te gebeur as gevolg van verkeerde teling, oorbejag, wilddiefstal en die handel in inheemse diere.

Hul benader skole en help om leerlinge in te lig oor hulle onmiddelike natuur met klem op dieierelewe wat in stedelike gebiede habiteer, soos byvoorbeeld die blou apie en die gebande muishonde.

Daar is legio diere wat ly onder die onkunde en die onkundige gebruik van gifstowwe van mense byvoorbeeld. Die organisasie het onlangs begin met die Swartrugjakkals projek wat metodes bevorder om lewende hawe te beskerm teen die roofdietjie. Hul het veral sukses met die gebruik van donkies.

Belangstellende partye kan gerus Vincent kontak by vincent@thewolfarmy.com vir meer besonderhede.


- Verskaf.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.