Huldeblyke stroom in ná koerantman se dood

2015-10-07 06:00
ANDRÉ BOTHA

ANDRÉ BOTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KIMBERLEY. – ’n Bekende Kimberliet en joernalis van Volksblad, moederkoerant van Express Northern Cape, André Botha, is Maandagoggend (05/10) dood in sy woonstel gekry.

Botha (52), redakteur van die gemeenskapskoerant Noordkaap, se skielike dood het skokgolwe deur die Noord-Kaap en Vrystaat gestuur. Boodskappe van medelye en huldeblyke deur familielede, vriende, kollegas en verskeie politieke partye het Maandag ingestroom.

Botha se suster, Elize Doman (ook ’n voormalige verslaggewer van Volksblad en Noordkaap in Kimberley), het Maandag gesê hulle vermoed hy is Maandag in die vroeë oggendure aan ’n hartaanval dood.

“ ’n Nadoodse ondersoek sal Woensdag (07/10) gedoen word, maar ons vermoed geen misdaad nie. Alles was in plek en soos hy dit gelos het,” het ’n hartseer Doman van Pretoria gesê.

Botha is Maandag deur vele verslaggewers as ’n mentor beskryf.

Hy was besonder passievol oor die joernalistiek en ’n kampvegter vir sy geliefde taal, Afrikaans.

Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het gesê: “Maandag was weer ’n hartseerdag vir Volksblad. André is die tweede dienende redaksielid wat ons in ’n jaar ontval, terwyl ander redaksielede in die afgelope 18 maande hul wederhelftes aan die dood afgestaan het. As ’n groot familie beleef Volksblad se mense, lesers inkluis, mekaar se verlies intens en onderskraag ons mekaar.”

Oor Botha sê Coetzee: “André, ’n Kimberliet, was hartstogtelik lief vir die Diamantstad, die Hoërskool Diamantveld, Griekwas, Noord-Kaap (die provinsie), Volksblad en Noordkaap

(die koerant). Hy was ’n fyn mens en veelsydige joernalis. Veral beriggewing oor plaaslike en provinsiale politiek was sy kos. Ons treur saam met sy naasbestaandes.”

Johanna van Eeden, hoofredakteur van Media24 se Afrikaanse dagblaaie, het gesê Botha het ’n oog vir detail gehad en “sy vingers op die pols van veral die politieke landskap in die Noord-Kaap gehad. Hy was vir baie verslaggewers ’n mentor en ’n klankbord”.

Hy word deur nog ’n suster, Christa van de Venter, en broer, Frikkie Botha, oorleef.

Botha het in 1990 as verslaggewer by Beeld begin werk, waarna hy in 1991 geskuif het na Volksblad in Welkom en in 1994 na Volksblad in Kimberley, waar hy twee jaar gewerk het. Hierna het hy as verslaggewer by die SAUK en as mediaskakelbeampte by die DA gewerk.

Hy het in 2006 weer by Volksblad ingeval en in Bloemfontein, Upington, Kuruman en vir oulaas in Kimberley gewerk waar hy sy laaste jare baie gelukkig was. Oor die jare heen het hy as algemene verslaggewer, stadsraadsverslaggewer, wetgewer-verslaggewer en nagsubredakteur gewerk.

Begrafnisreëlings word nog getref

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.