Aanvallers kon sleutels hê

2018-05-02 06:01
Christo en Liezil Bosman se gesteelde bakkie wat verniel langs die N14 tussen Vryburg en Kuruman gevind is.Foto: Verskaf

Christo en Liezil Bosman se gesteelde bakkie wat verniel langs die N14 tussen Vryburg en Kuruman gevind is.Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die agt rowers wat Christo en Liezil Bosman Woensdag 18 April in die vroeë oggendure op hul plaas naby Reivilo in Noordwes in hul slaap oorval het, het vermoedelik sleutels vir hul huis gehad.

Volgens Helmien van den Berg, voorsitter van die Reivilo-boerevereniging, was daar geen gedwonge toegang tot die huis nie. Dit is nie seker hoe die rowers die sleutels in die hande gekry het nie.

Die rowers het die Bosman-egpaar aangerand en Christo (52) verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek voordat hulle met wapens en selfone gevlug het.

Christo het harsingskudding opgedoen, maar nie een van sy organe is raakgesteek nie. Hy en Liezil (46) is albei in die Mediclinic Gariep in Kimberley opgeneem.

“Christo en Liezil het nie ’n kans gehad nie,” sê Van den Berg.

“Toe hulle tussen 00:00 en 01:00 wakker word, was die rowers op hulle. Van hulle het klapmusse gedra. Hulle het Christo erg aangerand. Liezil is met skoenveters vasgebind, aangerand en gewurg. Sy het skaaf- en kneusplekke opgedoen.”

Die rowers het Christo gedwing om die kluis oop te sluit. Hulle het al die vuurwapens, behalwe ’n .22-geweer, gesteel, sê Van den Berg.

Daarna het hulle in die Bosmans se Ford-bakkie met albei se selfone gevlug.

“Liezil het goed kopgehou tydens die aanval,” sê Van den Berg.

“Sy het haarself losgekry, en sy en Christo het na ’n buurman gery om hulp te ontbied. Ek is gevra om boere en ander betrokkenes te ontbied om die toegangsroetes te versper om die aanvallers te probeer vastrek. Ons is dankbaar vir hul vinnige optrede. Liezil en Christo is nog erg getraumatiseer.”

Die egpaar se bakkie is enkele ure ná die aanval langs die N14-roete tussen Kuruman en Vryburg gevind. Van den Berg sê niks van die gesteelde goedere was daarin nie, maar die bakkie het vermoedelik oor rowwe terrein gery en dit is erg verniel.

Lt.kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het gesê die polisie het nog niemand in hegtenis geneem nie.

  • Christo bedryf ’n gemengde boerdery op sy plaas Kareeboom sowat 15 km van Reivilo.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.