Alle oë op matrieks

2018-10-17 06:02
Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Martha Bartlett, Donderdag (11/10) op ’n nuuskonferensie in Kimberley. Sy het gesê sy is vol hoop dat die provinsie vanjaar ’n 100%-slaagsyfer in die nasionale seniorsertifikaat-eksamen kan behaal.Foto: Christiaan Cloete

Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Martha Bartlett, Donderdag (11/10) op ’n nuuskonferensie in Kimberley. Sy het gesê sy is vol hoop dat die provinsie vanjaar ’n 100%-slaagsyfer in die nasionale seniorsertifikaat-eksamen kan behaal.Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys het Donderdag (11/10) op ’n nuus­konferensie in Kimberley gesê sy is vol hoop dat die provinsie vanjaar ’n 100%-slaagsyfer in die nasionale seniorsertifikaat-eksamen kan behaal.

Martha Bartlett sê haar departement het vanjaar verskeie inrgypingsmaatreëls getref om 2017 se slaagsyfer van 75,6% te verbeter.

Dit sluit besoeke aan skole oor die provinsie heen, spesiale onderwysklinieke, wiskunde- en wetenskap-werksessies en ondersteuning aan onder­presterende skole in.

Altesaam 14 263 Noord-Kaapse kandidate sal vanjaar die eksamen aandurf wat op 15 Oktober met ’n rekenaartoepassings­tegnologie-vraestel sal begin en op 28 November sal eindig.

Volgens Bartlett is daar ’n toename van 1 679 kandidate wat die nasionale senior­sertifikaat-eksamen skryf, in vergelyking met die 10 519 kandidate wat verlede jaar die eksamen afgelê het.

Van die 12 198 heeltydse kandidate wat vanjaar die eksamen sal aflê, is 2 643 leerlinge deurgesit.

Volgens Bartlett sal daar altesaam 143 toesighouers by eksamenlokale oor die provinsie heen wees.

Sy het gewaarsku dat onreëlmatighede en kullery nie geduld sal word nie.

Nasieners sal op 1 Desember begin om die vraestelle te merk, en teen 15 Desember met die merkery klaar wees. Nasiensentrums sal op 15 Desember sluit, met die volledige uitslae wat op 17 Desember aan die departement gestuur sal word.

Die uistlae sal op 3 Januarie aan skole bekend gemaak word.

Die minister van basiese onderwys sal die uitslae ook op 3 Januarie om 18:00 bekend maak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.