Atleet byt vas tot bitter einde

2016-01-27 06:00
POTSO KHOMO, die wenner van die Vodacom-Meerkat-marathon oor 42,2 km, kon skaars op sy eie twee voete staan nadat hy die wenstreep verbygesteek het. Hier help Magda Oldewage, ’n wedloop-beampte, hom om regop te bly. Foto: Christiaan Cloete

POTSO KHOMO, die wenner van die Vodacom-Meerkat-marathon oor 42,2 km, kon skaars op sy eie twee voete staan nadat hy die wenstreep verbygesteek het. Hier help Magda Oldewage, ’n wedloop-beampte, hom om regop te bly. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE wenner van die afgelope naweek se Vodacom Meerkat-marathon oor 42,2 km was so moeg dat hy skaars op sy eie twee voete kon staan nadat hy die wenstreep oorgesteek het.

Potso Khomo van die Sibanye Gold-atletiekklub het die vinnige plat roete in ’n tyd van 2:39:59 kafgedraf en daarmee prysgeld van R2 500 gewen.

Kort op die Vrystater se hakke was Xwazi Sihlalo van die Khotso­atletiekklub en die plaas­like gunsteling, Jacob ­Danster, van die Vodacom Kimberley Road Runners (die klub wat die wedloop aangebied het), in tye van 2:41:08 en 2:41:37 onderskeidelik.

Volgens Potso was hy goed voorberei vir die wedloop en het sy lang oefensessies van meer as twee uur op ’n slag ’n deurslaggewende rol in sy oorwinning gespeel.

Hy sê sy wedloop-plan was om dit vir die eerste 5 km rustig te vat en te sien hoe hy voel.

“By die negende kilometer het ek reeds die voortou geneem.

“Ek het in daardie stadium goed gevoel en deurgedruk tot die einde toe,” het Potso kort ná die wedloop aan Noordkaap gesê.

In die vrouewedloop oor 42,2 km het die 51-jarige Berdine Smit haar (tot dusver) suksesvolle 2016-seisoen voortgesit.

Smit was die eerste vrou om die wenstreep oor te steek in ’n tyd van 3:28:09 Z ’n verbetering op die 3:33:22 waarmee sy die vorige naweek die Finlime Harriers se Fast and Flat-wedloop gewen het.

Dié wedloop, sowel as die gepaardgaande 5 km-, 10 km- en 21,1 km­wedlope, het vanjaar groot aftrek gekry.

In geheel was daar 431 inskrywings.

  • Verreweg die meeste atlete (172) het gekies om aan die 10 km-wedloop deel te neem. Alle oë is nou op die 46ste PG Glass Diamant-marathon oor 42,2 km wat op Saterdag 13 Februarie plaasvind.

Die wedloop, wat deur die Kimberley Harriers aangebied word, sal ook ’n gepaardgaande 21,1 km- en 10 km-wedloop hê, sowel as ’n 5 km-pretloop.

Inskrywings kan op Vrydag 12 Februarie van 17:00 tot 19:00 by Hoffepark, sowel as op die oggend van die wedloop tussen 04:45 en 05:45, gedoen word.

Die wegspring is omstreeks 06:00 by Hoffepark in Kimberley.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.