Atlete klubs in Kby se trots

2018-04-11 06:01
Frik Guys van die Run Walk for Life-atletiekklub in Kimberley het op 31 Maart in Kaapstad 17de in die Twee Oseane-halfmarathon geëindig. Sy tyd was 01:07:18.

Frik Guys van die Run Walk for Life-atletiekklub in Kimberley het op 31 Maart in Kaapstad 17de in die Twee Oseane-halfmarathon geëindig. Sy tyd was 01:07:18.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Honderde atlete van Kimberley en omliggende dorpe het op 31 Maart aan die Twee Oseane-ultramarathon (56 km) en halfmarathon (21.1 km) en gepaardgaande veldwedlope in die Kaapse Skiereiland deel­geneem.

Waarskynlik een van die grootste suksesverhale op die dag was dié van Frik Guys, ’n atleet verbonde aan die Run Walk for Life-atletiekklub in Kimberley, het aan die halfmarathon deelgeneem en ’n algeheel 17de plek behaal. Daar was 13 544 deelnemers.

Nog ’n suksesverhaal is dié van Oatlhotse Ditsebe, ’n atleet verbonde aan die Vodacom Kimberley Road Runners-klub, wat in ’n tyd van 03:56:44 139ste van 9 099 deelnemers in die ultramarathon geëindig het. Hy het ook ’n gesogte Twee Oseane-silwermedalje verwerf.

Heelwat atlete van dieselfde klub het die ultramarathon in onder vyf uur voltooi en die gesogte Sainsbury-medalje ontvang. Hulle is Arthur Nziweni (04:11:38), Moreneng Senye (04:18:39) en Stephen Bassie (04:37:55).

Twee van die klub se atlete kon ook daarin slaag om die halfmarathon in onder 01:30 te voltooi en silwermedaljes te verwerf. Hulle is Tebogo Swartland (01:18:32) en Christo Botma (01:27:42).

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.