Atlete ruk op na Comrades

2018-06-06 06:00
Honderde atlete van oor die Noord-Kaap en Griekwaland-Wes streek heen sal Sondagoggend (10/06) douvoordag voor die Pietermaritzburgse stadsaal aantree om die moordende Comrades-ultramarathon aan te durf.Foto: Christiaan Cloete

Honderde atlete van oor die Noord-Kaap en Griekwaland-Wes streek heen sal Sondagoggend (10/06) douvoordag voor die Pietermaritzburgse stadsaal aantree om die moordende Comrades-ultramarathon aan te durf.Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Honderde atlete van oor die Noord-Kaap en Griekwaland-Wes-streek heen sal Sondagoggend (10/06) douvoordag voor die Pietermaritzburgse stadsaal aantree om die moordende Comrades-marathon aan te durf.

Die amptelike afstand van vanjaar se af-wedloop is 90,184 km en dit word vanjaar van Pieter­maritzburg na Durban gehardloop.

Daar wag groot feesvieringe vir diegene wat die eindpunt by die Moses Mabhida-stadion in Durban binne die toegelate 12 uur kan bereik.

Die wedloop wat in 1921 deur ’n oorlogsveteraan van die Eerste Wêreldoorlog, Vic Clapham, begin is om Suid-Afrikaanse soldate wat hul lewe tydens die oorlog verloor het te gedenk, word jaarliks gehou – een jaar van Pietermaritzburg na Durban (die af-wedloop) en die volgende jaar van Durban na Pietermaritzburg (die op-wedloop).

Vanjaar se af-wedloop beteken dat atlete die bulte van Polly Shortts, Inchanga, Botha’s Hill, Fields Hill en Cowies Hill een na die ander sal moet trotseer. Die uitdaging met die af-wedloop is om hier die stampery van die afdraandes op moeë bene te verduur en vas te byt tot die einde toe.

Dit is vanjaar die 93ste Comrades-marathon en die wedloop sal vir die eerste keer by die Moses Mabhida-stadion in Durban eindig.

Volgens die Comrades-vereniging maak Noord-Kapenaars maar 0,6% van die Suid-Afrikaners uit wat aan vanjaar se wedloop deelneem, in vergelyking met Vrystaters, wat 3% van die veld verteenwoordig, en Noordwes, wat 2% van die veld verteenwoordig.

By verre die meeste Comrades-atlete kom van Gauteng af (46%), gevolg deur KwaZulu-Natal (20%) en die Wes-Kaap (9%).

Kobus van der Walt van Kimberley hoop om sy 32ste Comrades te voltooi.

Van der Walt, wat sedert 1986 so te sê jaarliks aan die Comrades deelneem en altesaam vier silwermedaljes op sy kerfstok het, sê hy mik hierdie jaar vir ’n tyd van onder 11 ure.

  • Om vir hierdie reuse-uitdaging te kon kwalifiseer, moes atlete ’n standaard marathon (42,2 km) binne vyf uur aflê en honderde – selfs duisende – kilometers aflê om hul liggaam voor te berei. Die wedloop, wat omstreeks 05:30 begin, sal oudergewoonte op SABC 2 uitgesaai word. Gaan lees op Comrades se amptelike webtuiste hoe en waar atlete se vordering gevolg kan word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.