Barkly-Wes: Eskom mag nie krag afskakel

2018-06-13 06:02
Buitebande brand op die pad deur Barkly-Wes, wat Woensdag (06/06) deur inwoners versper is uit frustrasie oor Eskom se kragonderbrekings.Foto: Verskaf

Buitebande brand op die pad deur Barkly-Wes, wat Woensdag (06/06) deur inwoners versper is uit frustrasie oor Eskom se kragonderbrekings.Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Eskom is vandeesweek gestuit in sy planne om die elektrisiteitstoevoer na die Dikgatlong-munisipaliteit by Barkly-Wes vir 14 uur per dag te staak.

’n Hofbevel in dié verband is Maandag (11/06) in die hoog­geregshof in Kimberley uitgereik nadat die inwonersverenigings van Barkly-Wes en Delportshoop die hof genader het.

Die bevel kom nadat Eskom die afgelope drie weke weekliks die onderbreking van elektrisiteit met ’n paar ure verleng het in ’n poging om die munisipaliteit te dwing om sy betalings­ooreenkoms na te kom.

Inwoners het verlede week uit protes paaie met brandende bande en klippe versper.

Benewens Eskom is die ander respondente die Noord-Kaapse premier, die departement van samewerkende regering, die munisipaliteit, die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) en die minister van energie.

Eskom is beveel om die kragtoevoer te herstel terwyl die munisipaliteit sy rekening ingevolge die betalings­ooreenkoms moet betaal.

Die premier is beveel om ’n regrukplan in werking te stel sodat die munisipaliteit sy verpligtinge kan nakom. Die plan moet die munisi­paliteit dwing om ingevolge sy uitvoerende en wetlike magte die geldelike krisis op te los.

Sou die regrukplan misluk, moet die munisipaliteit ontbind word. ’n Administrateur moet dan aangestel word totdat ’n nuwe raad gekies is.

Die oorname moet insluit ’n nuwe begroting en maatreëls om inkomste te in.

Kalie de Bruyn, prokureur en voorsitter van die Barkly-Wes-inwonersvereniging, sê in ’n verklaring sy het sedert November verlede jaar die dreigende krisis onder die owerhede se aandag probeer bring.

Hoewel die premier die departement opdrag gegee het om die probleem op te los, is geen stappe gedoen nie.

Inwoners het op 8 Februarie ’n vreedsame betoging gehou en ’n petisie met 2 000 name aan die munisipaliteit oorhandig.

Die dreigende krag­onderbrekings is toe met ’n betalings­ooreenkoms afgeweer, maar daar is nie daarby gehou nie.

Eskom het op 29 Mei sy kragonderbrekings ingestel.

De Bruyn sê die munisipaliteit kan nie sy agterstallige skuld en lopende rekening betaal nie. Dit is duidelik dat die munisipaliteit in ’n krisis is en nie meer sy verpligtinge kan nakom nie.

Die munisipaliteit het op ’n vergadering aan die vereniging gesê hy in net R870 000 per maand, maar sy maandelikse salarisrekening beloop R5,5 miljoen.

Sedert 3 Junie is daar weens die kragonderbrekings en gebarste pype ook nie meer watertoevoer nie.

Die raad het verlede week ’n voorstel afgekeur dat Eskom regstreeks krag aan inwoners verskaf soos hy reeds in sekere woonbuurte doen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Man drowns in Vaal River

18 minutes ago

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.