Barkly-Wes wil hof toe

2018-02-14 06:02
Jigaz Damoense, een van die optogleiers, spreek die ontevrede inwoners toe. Keelvol inwoners van Barkly-Wes het betoog oor krag- en wateronderbrekings weens die Dikga­tlong-munisipaliteit se skuld aan Eskom en Sedibeng Water. Foto’s: Charné Kemp

Jigaz Damoense, een van die optogleiers, spreek die ontevrede inwoners toe. Keelvol inwoners van Barkly-Wes het betoog oor krag- en wateronderbrekings weens die Dikga­tlong-munisipaliteit se skuld aan Eskom en Sedibeng Water. Foto’s: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Honderde keelvol inwoners van Barkly-Wes het Donderdag (08/02) met ’n regs­geding gedreig om die munisipaliteit se lisensie te laat terugtrek om elektrisiteit te versprei en te verkoop.

Die R31 wat deur die dorp loop, was die grootste gedeelte van die oggend weens die vreedsame optog gesluit.

Die dorp gaan gebuk onder streng maatreëls waarin Eskom daagliks kragtoevoer, en Sedibeng Water elke derde dag die watertoevoer, weens wanbetaling onderbreek.

Dié dreigement is in ’n griefskrif met 3 000 handtekeninge vervat wat aan Dorothy Mbezeni, die Dikgatlong-munisipaliteit se burgemeester, en Levona Itumeleng, waarnemende munisipale bestuurder, oorhandig is.

Die munisipaliteit skuld R55 miljoen aan Eskom en R11 miljoen aan Sedibeng Water.

Jigaz Damoense, een van die optogleiers, eis dat die burgemeester vandag (14/02) antwoorde aan die gemeenskap gee.

“Ons is moeg vir korrupsie en wanbestuur. Raadslede is net te sien wanneer hulle op bouterreine omkoopgeld van kontrakteurs gaan haal. Hulle ry slegs van Kimberley oor die Vaalrivierbrug om hier te kom vreet.

“Dit terwyl arme werkers stukkende pype met draad en ’n binneband moet herstel.

“Die munisipaliteit hou nooit vergaderings met ons nie. Julle gaan ons nie meer mislei nie. Die premier en selfs (pres.) Jacob Zuma moet besef ons sal ook die konstitusionele hof nader om gehoor te word.”

Kalie de Bruyn, nog ’n organiseerder, sê hulle eis dat die raad ontbind en die munisipaliteit onder administrasie geplaas word.

Inwoners sê in die griefskrif dat die munisipaliteit sedert 2015 onder wanadministrasie deurloop en dat sy skuld opgehoop het.

Inwoners wat hul rekeninge betaal, moet onder elektrisiteit- en waterbeperkings ly weens die munisipaliteit se swak bestuur.

Hulle eis dat geld wat hulle betaal het, dadelik aan Eskom oorgedra word om kragonderbrekings stop te sit. Inwoners wil voortaan elektrisiteit regstreeks van Eskom koop.

Die munisipaliteit moet die dispuut na Nersa, die nasionale energiereguleerder, vir mediasie verwys. Indien dit nie gebeur nie, sal inwoners die hof vra om die munisipaliteit te stroop van sy lisensie om krag te versprei.

Itumeleng sê daar is twee sakeondernemings in die dorp wat die munisipaliteit meer as R10 miljoen skuld. Verskeie staatsdepartemente het eers vanjaar hul skuld van meer as R17 miljoen begin delg.

“Ons ouditverslae toon verbetering ná agt jaar se afwysende ouditverslae.

“Een van ons voorstelle is om voorafbetaalde watermeters aan te bring, maar dit is duur. Ons benodig geld van die regering hiervoor.

“Ons betwis die skuld aan die departement van water en sanitasie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.