Begroting bly in slag weens gevegte

2018-06-06 06:01
ANC-ondersteuners wat eis dat Elizabeth Johnson as speaker van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley bedank, het Donderdag (31/05) in Roodepan betoog.Foto: Charné Kemp

ANC-ondersteuners wat eis dat Elizabeth Johnson as speaker van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley bedank, het Donderdag (31/05) in Roodepan betoog.Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die ANC se faksiegevegte het glo Woensdag (30/05) die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley se raadsaal in ’n oorlogsone laat ontaard en die nuwe begroting kon nie goedgekeur word nie.

Elizabeth Johnson, die beleërde speaker wat verlede week deur die ANC aangesê is om te bedank, het die raadsaal verlaat nadat haar ondersteuners die galery verbied is.

Sy is deur die DA-, EFF- en sowat ses ANC-raadslede vergesel.

Die vergadering kon weens ’n gebrek aan ’n kworum nie voortgaan nie.

Vingers word in alle rigtings gewys. Andrew Louw, DA-leier, blameer Mangaliso Matika, die uitvoerende burgemeester, wat hulle as ’n selfdienende, korrupte diktator beskryf.

“Ons gaan ’n mosie van wantroue teen hom op die volgende raadsvergadering instel. Ons raadslede het die raadsaal verlaat omdat hy homself as verhewe bo almal ag.

“Hy het voor die vergadering probeer keer dat lede van die publiek toegang tot die vergadering kry.

“Die vyandigheid was tasbaar. Hy wil inligting van belastingbetalers weerhou.

“Hy is so eensydig dat hy werkers al voorgesê het om net dienste in ANC-wyke te lewer. Hy ontneem mense van hul demokratiese regte.”

Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus, het die mislukte raadsvergadering as ’n verleentheid vir die stad bestempel.

“Die vyandigheid tussen Johnson en Matika en hul faksies is ’n ope geheim. Die ANC se faksiegeveg is nou in die munisipale raadsaal op die spits gedryf.

“Die belangrikste punt was die goedkeuring van die begroting. Dit moet ingevolge wetgewing 30 dae voor die inwerkingstelling daarvan goedgekeur word.”

Boshoff sê opposisiepartye moenie by die ANC se faksie­gevegte betrokke raak nie.

Benneth van Wyk, ANC-voorsitter van wyk 2, veroordeel Johnson se optrede.

“Omdat die begroting nie goedgekeur is nie, kan munisipale salarisse nie betaal en dienste nie gelewer word nie.

“Johnson het nie meer die ANC se ondersteuning nie. Sy moet bedank. Haar skandelike gedrag bewys dat sy net vir haarself omgee. Ons sal ’n mosie van wantroue teen haar instel, want sy dien nie meer die mense nie.”

Van Wyk het Matika verdedig.

“Hy is daagliks in die stad en in woongebiede om probleme op te los. Hy het al groot verbeterings in Roodepan teweeggebring.

“Hy is ’n baie bedrewe burgemeester en leier van die mense wat hom verkies het. Hy dra die gemeenskap se belange op die hart.”

Van Wyk sê sowat ses ANC-lede het saam met Johnson uitgeloop.

“Dit is nie goed vir die party nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.