Noordkaap en SuperSport se Let’s Play is op soek na sportiewe jong mense.
Is jy sportief, of weet jy van iemand in jou skool wat goed vaar op sportgebied? Is jy besig om jong mense sport-aktief te kry by jou skool, in jou gemeenskap of in die gimnasium?
Noordkaap wil graag van jou hoor.
In 2008 het Z PR en SuperSport se Let’s Play die behoefte onder jong mense geïdentifiseer om meer aktief by sport betrokke te raak.
Met hierdie gedagte het SuperSport en Let’s Play in samewerking met Noordkaap ’n spesiale geleentheid geskep.
Die SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand is ’n kompetisie vir almal van ses tot 18 jaar.
Jy kan jouself benoem of deur ’n vriend, onderwyser of jou afrigter benoem word. Jy kan selfs deur ’n familievriend of iemand wat weet hoe goed jy in sport vaar, benoem word.
’n Wenner word maandeliks gekies uit al die benoemings wat ontvang word.
Dié wenner, wat die titel van SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand dra, ontvang ’n Let’s Play-geskenkpakkie en word outomaties vir die Let’s Play Sportster van die Jaar-kompetisie ingeskryf.
Teen die einde van die jaar sal daar een algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word en hy of sy sal as die SuperSport Let’s Play Sportster van die Jaar benoem word.
’n Algehele jaaropsomming van die sportster se prestasies tot die middel van November word gedoen voordat die wenner gekies word.
Let’s Play is ’n veldtog om ’n gesonde leefstyl en ontwikkeling deur spel en sport by skole aan te moedig.
Elke skool het beslis talentvolle sportmanne of -vroue.
Stuur jou benoeming vandag.
Benoemings wat voor die 20ste van die maand ontvang word, sal by daardie maand se benoemings ingesluit word.
Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal na die volgende maand se inskrywings oorgedra word.
SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand-wenners sal van Februarie tot einde Oktober gekies word.
Jou benoeming moet die volgende insluit: jou naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (korter as 200 woorde) oor wat jy op sportgebied bereik het, asook jou kontakbesonderhede.
Jy kan jou benoeming na supersport@zpr.co.za e-pos of na 086-552-4922 faks.
Vir meer inligting, bel Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.