Beskuldigde ‘het berou’

2018-02-07 06:00
Siyanda Gxwati (33), wat van die moord op Refilwe Letebele aangekla word. Foto: Charné Kemp

Siyanda Gxwati (33), wat van die moord op Refilwe Letebele aangekla word. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Siyanda Gxwati (33), die man wat van die moord op Refilwe Letebele (28) in Kimberley aangekla word, se borgtogaansoek is Woensdag (31/01) verwerp.

Landdros Lunga Mbethane het bevind dit is nie in die belang van Letebele se kwesbare familielede en die gemeenskap dat Gxwati borgtog kry nie.

Hy was vroeër in ’n verhouding met Letebele. Haar moord op 12 Januarie het opspraak verwek en ’n optog teen geweld teen vroue is in die stad gehou.

Boonop is die beskuldigde se geestestoestand onder verdenking omdat hy op die dag van die voorval homself 16 keer gesteek en selfdoodneigings getoon het.

Hoewel hy getuig het hy het nie meer dié neigings nie, is dit nie ’n gegewe nie, het die landdros gesê.

Die seun (13) wat die voorval ­gadegeslaan het, ontvang berading. Sy ma werk heeltyds. Daar was ook ’n ander familielid in die huis wat bedlêend is.

Die landdros meen die slagoffer se familie is kwesbaar en vrees vir hul lewe.

Gxwati wou by sy ma in Bloemfontein gaan woon totdat die verhoor plaasvind. Die polisie kon nie dié adres bevestig nie.

Gxwati, wat by tye emosioneel in die getuiebank was, het sy uiterste berou oor die voorval uitgespreek en gesê hy gaan skuld beken.

Die landdros het bevind dat Gxwati in aanhouding toegang tot sielkundige berading en medikasie sal hê.

Edwin Malawane het aangekla en Leanne Sullaphen het namens Gxwati verskyn.

Die verhoor is tot 1 Maart uitgestel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

To smoke or not to smoke

2018-08-19 10:09

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.