Besoekers dol oor afvalpizza

2016-01-13 06:00
THABO KALABATANE (links) en Moses Mahumapelo, eienaars van die Fusian-restaurant in Galeshewe, Kimberley, glo hul restaurant is die eerste restaurant in die land wat pizza met afval aan gaste voorsit.   Photo: Cha rné Kemp

THABO KALABATANE (links) en Moses Mahumapelo, eienaars van die Fusian-restaurant in Galeshewe, Kimberley, glo hul restaurant is die eerste restaurant in die land wat pizza met afval aan gaste voorsit. Photo: Cha rné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

INDIEN jy na iets anders smag as om koue oorskiet-kalkoenskywe by jou skoonfamilie in te wurg, kan jy gerus die pad Galeshewe toe kies en varsgebakte pizza met afval saam met nuwe vriende nuttig.

Thabo Kalabatane (34) en Moses Mahumapelo (35), skeppers van dié besonderse pizza met skaapafval daarop, sê dit word nêrens anders in Suid-Afrika voorgesit nie.

Hulle is die eienaars van die Fusians-restaurant in Galeshewe waar die pizza gemaak word. Hulle noem hulself kulinêre kunstenaars. Die twee entrepreneurs sê hulle wil hul gaste met egte Suid-Afrikaanse geregte bederf.

“Ons passie is kos – die teksture en die geure. Die spyskaart word aangepas na gelang van beskikbare vars bestanddele. Ons kan net op kos fokus, omdat ons nie alkohol bedien nie. Gaste kan wel hul eie drank saambring,” sê Kalabatane.

Hulle kweek ook hul eie kruie om die smake van die kos uit te bring. Ander geregte op hul spyskaart is varktjops, skaaptjops, hoendervlerkies en -pote, visburgers, garnaalkerrie, beesstertbredie en braaivleis – alles voorgesit met groente, aartappels en knoffelbrood wat hul eie kruiemengsel bevat.

Die restaurant het ’n piekniekatmosfeer en gaste kan op komberse op die grasperk onder die bome aansit, of by tafels onder sambrele of in die eetkamer by die kombuis. Die eienaars ken mekaar al van skooldae af.

“Ons het mekaar jare later by die restaurant ontmoet om oor sakeplanne te praat,” sê Kalabatane. Mahumapelo is ’n rekenmeester en Kalabatane ’n sagtewarespesialis. Hulle besit steeds hul eie ondernemings en bedryf die restaurant naweke en op vakansiedae. Hulle het ook al spesiale geleenthede hier vir handelsbanke, sakeondernemings en staatsdepartemente, asook private partytjies, gehou. Die skaatsplankryers wat jaarliks aan die Kimberley-Diamond Cup-byeenkoms kom deelneem, eet ook graag hier.

Mahumapelo sê hy het lank oor die bediening van pizza met afval gedroom. Hulle het dit aan die begin van die maand aan hul klante bekend gestel.

“My eerste probeerslag het goed gewerk. Die geheim is die tamatiesous se suur smaak moet die subtiele geur van die afval aanvul. Dit verg ure se gekook om die tamatiesous en die afval perfek reg gaar te maak.”

Hy maak ook sy eie deeg.

“Aanvanklik was die mense skepties oor die afvalpizza, maar dit raak al hoe gewilder. Ons bied ook ander gewone soorte pizzas – die seekospizza is ook gewild.”

Die restaurant doen sake by die vis-en-skyfies-wegneemrestaurant van Mahumapelo se ouers. Kalabatane sê hy was baie beïndruk toe hy in 2012 die koeltebome en grasperk die eerste keer gesien het. Hy het dadelik voorgestel dat hulle dit vir ’n nuwe restaurant gebruik.

Mahumapelo, wat sê hy is meer skepties en analities, het sy ouers oortuig. Kalabatane is die een wat “net inspring en doen”, sê hy.

Hulle het groot planne om hul souse en knoffelbrood te verkoop en om ’n resepteboek uit te reik. Hulle wil ook graag ’n geborgde kosvoertuig op wiele aanskaf en die Karoo, Kalahari en groot stede deurkruis om hul geregte aan mense bekend te stel. Hulle wys gereeld hul geregte op skoue en het vyf heeltydse personeellede.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Hip Cape Town bars to discover this summer
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.