Bestuur sink plaaslike owerhede

2018-04-25 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar is onlangs op die voertuigvloot van die Tsantsabane-munisipaliteit in die Noord-Kaap beslag gelê, en hulle moet nou met slegs ’n ou bakkie dienste lewer.

Frustrasies weens swak of geen dienslewering gons op die sosiale media.

Waar word die streep met betrekking tot swak munisipale bestuur getrek?

Dr. Harlan Cloete, buitengewone lektor by die Skool vir Publieke Leierskap aan die Universiteit Stellenbosch se navorsing oor munisipale bestuur, bevestig onomwonde dat die bestuur van ’n munisipaliteit ’n komplekse entiteit is.

Cloete, tesame met Herman Bailey, die voormalige uitvoerende burgemeester van die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap, was onlangs in ’n radio-onderhoud met Lynette Francis op RSG.

Swak munisipale bestuur is bespreek.

’n Onlangse nasionale oudit van die sowat 266 munisipaliteite toon dat meer as 50% wanfunksioneel is, waarvan ongeveer 55 binnekort deur kenners besoek gaan word om nodige ingrypingsprogramme in plek te stel.

Die navorsing oor 27 munisipaliteite wat Cloete in 2016 gedoen het, wys ’n groot leemte by die bestuur van die vaardig­heidsontwikkeling van munisipale werknemers. Bestuurders is ook nie toegerus om mense se vaardighede te bestuur nie, en het ’nbeleidsprobleme t.o.v menslike ontwikkeling en algehele gebrek aan verantwoordelikheid.

Volgens Bailey is die mandaat van munisipaliteite om die doelwitte van die nasionale regering uit te voer. Maar hoe gemaak sonder die nodige kennis, kundigheid, kwalifikasies en ervaring?

Oral in Suid-Afrika verkrummel dienslewering weens swak be­stuur.

Cloete se omvattende navorsing bewys ook dat slegs sowat 53% van munisipale amptenare matriek of ’n hoër kwalifikasie het. Sowat 17% het geen matriek nie.

Sy navorsing wys ook dat bestuurders nie die vaardighede het om hul mense se ontwikkeling optimaal te bestuur nie.

Munisipaliteite ontbreek gruwelik wat betref hul verantwoordbaarheid teenoor hul rol en funksies, ongeag uitstekende wetgewing – ’n resep vir chaos soos daagliks in die media berig. Aanstellings van mense in poste sonder die toepaslike kwalifika­sies blyk die norm te wees, wat gevolg­lik dienslewering kniehalter.

Gemeenskappe het geen idee wat binne ’n munsipaliteit aangaan nie, en trek aan die korste end. Munisipale leierskap bestuur munisipaliteite asof dit hul eie koninkryk is, ten koste van mense wat hulle daar gestel het,” sê Cloete.

Die ouditeursverslag toon ook verder ’n 40% verhoging in onregmatige uitgawes as tekens van rooiligte of simptome van swak bestuur.

Mnr Bailey bevestig dat in Duitsland is ‘n suksesvolle stelsel implementeer waar spesialiste in katrol word om uit te help maar in Suid-Afrika sal die skip eers sink en steeds sal daar nie om hulp gevra word nie weens binnegevegte en magsbeheptheid.

Nepotisme by aanstellings is holrug gery, en munisipale bestuurders probeer hul uiterste bes om hul onvermoë deur tariefverhogings te verbloem.

Klagtes hoop op en dienslewering vind slegs op papier plaas.

In die Tsantsabane-munisipaliteit is AfriForum tans in onderhandelinge met Nersa om die munisipaliteit se lisensie te laat opskort, sodat inwoners direk by Eskom elektrisiteit kan koop totdat die munisipaliteit tot verantwoording gebring kan word.

Oral in Suid-Afrika blyk dit die neiging van algehele ineenstorting van plaaslike regerings te wees.

Goeie leierskap word verantwoordelik bestuur en die wil om gevolge te dra.

Swart by aanstellings is nie noodwendig sleg nie maar regstellende aksie moet oordeelkundig benader en implementeer word volgens Dr Cloete. Beide Dr Cloete en Mnr Bailey is met eens dat amptenare wat lyf wegsteek tot die boek gebring móét word.

Amptenare van die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap besoek in April alle wyke vir openbare gesprek­voe­ring waar gemeenskappe ’n platform sal kry om insae te lewer in die hersiene konsep geintegreerde ontwikkelingsplan en die begroting se implementeringsplan., die konsep dienslewering- en begrotingsimplementeringsplan vir die 2018/19 boekjaar asook die konsep begroting.

Hoewel dié munisipaliteit met ’n skoon oudit spog, kom hy gereeld onder skoot wat dienslewering betref en misnoë van ongelukkige belastingbetalers.

Sukkelende munisipaliteite kan egter by Drakenstein kers opsteek om ten minste vir ’n skoon oudit te mik.
– Edward Smit

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.