Betogings nou gewelddadig

2016-09-28 06:00
DIE inwoners van Kimberley se reis werk toe is belemmer nadat studente van die Sol Plaatje-universiteit (SPU) boumateriaal aan die brand gesteek het.   Foto’s: Emile Hendricks

DIE inwoners van Kimberley se reis werk toe is belemmer nadat studente van die Sol Plaatje-universiteit (SPU) boumateriaal aan die brand gesteek het. Foto’s: Emile Hendricks

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Sol Plaatje-universiteit (SPU) in Kimberley se akademiese program is tydelik opgeskort, maar personeellede sou glo Dinsdag (27/09) op kantoor wees om met hul werk voort te gaan.

Dit kom ná gewelddadige betogings Maandagoggend voor die sentrale kampus waarin die polisie 24 studente wat vroeër aangekeer is, ná ure se onderhandelinge vrygelaat het.

Nadat die polisie die 24 in hegtenis geneem het, het ander studente na die Kimberley-polisiekantoor in Phakamile Mabijaweg gegaan en die verkeer ontwrig deur op die teerpad te sit. Hulle het die vrylating van hul medestudente geëis.

Die polisie is voor dagbreek uitgeroep nadat sowat 200 studente voor die universiteitsgebou in die #FeesMustFall-veldtog betoog het. Polisielede en verbygangers is met klippe bestook. Inwoners se reis werk toe is belemmer nadat studente boumateriaal in die strate aan die brand gesteek het.

Die boumateriaal kom van universiteitsgeboue wat in aanbou is. Brandblussers van die universiteit is ook vernietig.

Prof. Yunus Ballim, visekanselier, sê hy is baie teleurgesteld oor wat gebeur het.

“Ons het Vrydag (23/09) ’n raadsvergadering gehou om die verhoging van klasgeld te bespreek. Geen besluit oor ’n verhoging is nog geneem nie. Studente het by die raadsaal ingestorm en sommige raadslede gevange gehou. Hulle het ook geringe skade aan die Luka Jantjie-hoofgebou aangerig.

“Ons sou Maandag om 11:00 ’n vergadering met die studente gehou het. Dit is jammer dat die vergadering weens die betogings opgeskort moes word.”

Hy sê die studente wat aangehou is, het onderneem om nie weer by gewelddadige betogings betrokke te raak nie. Hulle sal ook nie akademiese personeel verhoed om met hul werk voort te gaan nie.

Studente mag na hul koshuise terugkeer. Die werkers wat hul bouwerk weens die betoging moes staak, kan weer werk.

“Ons sal Dinsdag (27/09) met studente oor die voortsetting van die akademiese program beraadslaag.” het hy gesê.

“Ons het nog nie ’n afkondiging oor die verhoging van studiegeld gemaak nie.

“Studenteleiers en universiteitsbesture van oor die land heen sou Woensdag (28/09) met die bemiddeling van die openbare beskermer onderhandel het. Ek is onseker of dit nog gaan gebeur.

“Visekanseliere van al die universiteite gaan Donderdag vergader om te besin oor hul reaksie op die minister van hoër onderwys se voorstel oor die verhoging van klasgeld.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.