Bloodhound op dreef ná geldinspuiting

2016-07-13 06:00
DIE supersoniese Bloodhound-motor. Foto: Verskaf

DIE supersoniese Bloodhound-motor. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE span wat die wêreld se vinnigste motor gebou het, is weer op dreef en gaan nou in Oktober 2017 in Suid-Afrika probeer om ’n nuwe landspoedrekord op te stel.

Die supersoniese motor bekend as die Bloodhound sou in September vanjaar sy eerste rekordpoging uitvoer om 1 227 km/h op Hakskeenpan in die Noord-Kaap te jaag, maar die projek het sowat R430 miljoen gekort.

Die span het pas in ’n verklaring aangekondig hy het genoeg geld ontvang en dat hy in Oktober aanstaande jaar in Suid-Afrika sal wees vir dié rekordpoging.

Die eerste rit met die motor (sonder vuurpyle) sal in Junie volgende jaar by die Newquay Aerohub se aanloopbaan in Brittanje wees.

Mense sal dié poging ook regstreeks kan sien, net soos die aksie op Hakskeenpan.

Die tweede rekordpoging, die groot een wanneer die bestuurder, Andy Green, teen sowat 1 600 km/h wil jaag, sal later kom. Dit beteken dat hy die myl (1,6 km) in 3,6 sekondes sal aflê.

Green is ook die houer van die huidige landspoedwêreldrekord, wat al 19 jaar lank staan.

Luidens die verklaring wat die span uitgereik het, sal hy nou die motor weer deels uitmekaar haal en ’n gebruikershandleiding saamstel vir die span wat in die Noord-Kaap al om 02:00 sal moet begin werk. Die oefenlopies in Suid-Afrika sal vroegoggend wees voordat dit te warm raak.

Die motor sal, indien nodig, aangepas word vir sy toets van 354 km/h by die Newquay Aerohub. Die span sal dan ook oefen om die motor binne 40 minute om te draai, die vuurpyle om te ruil, brandstof in te gooi en verskeie toetse te doen.

Die uiteindelike rekord is net geldig indien dit twee keer in verskillende rigtings binne ’n uur gedoen word.

Luidens die verklaring sal die motor in ’n CargoLogicAir Boeing 747 na Upington gevlieg word en daarna per pad na Hakskeenpan vervoer word. Altesame 16 vraghouers met toerusting sal ook saamkom.

Richard Noble, projekdirekteur en self ’n voormalige landspoedrekordhouer, sê in die verklaring: “Dit is waarskynlik die grootste oomblik in die projek se geskiedenis. Voorheen kon ons geldelik net ’n paar maande vooruit sien en nou kan ons voet neersit.”

Hy sê hulle sal binnekort aankondig wie die nuwe vennoot is wat die borgskap voorsien het.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.