Boer verskyn in hof, EFF betoog

2018-05-02 06:00
Johannes van Niekerk (63) in die hof.

Johannes van Niekerk (63) in die hof.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die EFF het Woensdag (25/04) ’n vreedsame betoging buite die hofgebou in Hartswater gehou waar ’n boer in die hof verskyn het wat na bewering ’n man op sy plaas omgery en ernstig beseer het.

Die voorval, waarin hy ook na bewering die k-woord gebruik het, het glo verlede Vrydag te midde van gewelddadige betogings in Hartswater en Pampierstad gebeur.

Intussen het Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, planne aangekondig om die betogings te stuit en misdadigers aan te keer. Sakelui in Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstad het gister weer hul winkels se deure oopgemaak ná etlike dae van onrus waarin paaie versper, winkels gestroop en meer as 100 mense in drie dorpe in hegtenis geneem is.

Die beskuldigde, Johannes Petrus van Niekerk (63), se borgtogaansoek is uitgestel. Hy word van poging tot moord, crimen injuria en aanranding deur te dreig, aangekla.

Die slagoffer, Shimmy Mosienyane, wat ’n rugoperasie moet ondergaan nadat hy verlam gelaat is, het gesê hy het voor die betogers en die polisie gevlug en wou ’n kortpad oor Van Niekerk se plaas neem.

“Ek het hom gesmeek om ons deur te laat. Van Niekerk het gesê hy soek nie k*****s op sy plaas nie. Hy het met sy bakkie op ons afgery en my omgery,” het Mosienyane in die hospitaal gesê.

Van Niekerk se borgtogaansoek is uitgestel omdat die ondersoekbeampte nog nie ’n verklaring van die slagoffer geneem het nie.

Adv. Sakkie Nel, vir Van Niekerk, het aangevoer die betoging buite die hof kan ook nie as rede aangevoer word om Van Niekerk om veiligheidsredes aan te hou nie. James Dada, die aanklaer, het aangevoer Van Niekerk het ná die voorval gevlug en hom eers drie dae later oorgegee.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.