Botes betree pos as LP

2018-02-21 06:00
Sylvia Lucas, premier van die Noord-Kaap, op die nuuskonferensie Donderdag (15/02) ná die bedanking van Jacob Zuma as president.

Sylvia Lucas, premier van die Noord-Kaap, op die nuuskonferensie Donderdag (15/02) ná die bedanking van Jacob Zuma as president.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, het ná maande van bespiegeling haar kabinet geskommel nadat Alvin Botes as LUR bedank het om ’n lid van die parlement (LP) te word. Botes is verlede jaar al deur die provinsiale ANC-leierskap aangesê om te bedank.

Tiny Chotelo, LUR vir natuurbewaring en omgewingsake, word ’n wetgewerlid, en Pauline Williams, LUR vir vervoer en veiligheidskakeling, neem Chotelo se portefeulje oor. Die nuwe LUR vir vervoer en veiligheid­skakeling is Lebogang Motlhaping, gewese LUR vir gesondheid. Die nuwe LUR vir gesondheid is Fufe Makatong.

Volgens Lucas is die beleërde departement van gesondheid nie onder administrasie nie.

“Ons het net ’n taakspan en sekere mense aangestel om die probleme uit te stryk. Baie prosesse en die geldelike gesondheid het reeds verbeter. Die onlangse besluit om sekere amptenare in die administratiewe afdeling met ander om te ruil, sal werksaamhede doeltreffender maak,” sê Lucas.

Bentley Vaas is as die LUR vir samewerkende regering in Botes se plek aangestel.

Toe Botes nie verlede jaar in Oktober bedank het nie, het Deshi Ngxanga, provinsiale sekretaris, hom van ongehoorsaamheid beskuldig. Botes sê hy het nooit die provinsiale ANC teengegaan toe hulle hom aangesê het om te bedank nie.

“Hulle het nie die proses reg verstaan nie. Die ANC se hoofsweep en sekretaris-generaal moet eers van so ’n besluit in kennis gestel word. Vakatures moet verklaar word.

“ ’n Mens kan jouself nie sommer by die parlement aanmeld nie. Die provinsiale sekretaris het nie die parlementêre proses of die duur van die proses in ag geneem nie.

“Sodra die prosesse voltooi word, behoort ek teen volgende week as parlementslid ingehuldig te word.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.