Brand knou wildplaas

2017-09-20 06:01
Die brand wat Woensdag (13/09) by die Dronfield-wildplaas buite Kimberley ontstaan het, het meer as 6 000 ha se plantegroei verwoes.       Foto: Beryl Wilson

Die brand wat Woensdag (13/09) by die Dronfield-wildplaas buite Kimberley ontstaan het, het meer as 6 000 ha se plantegroei verwoes. Foto: Beryl Wilson

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Vernietigende brand wat Woensdag (13/09) by die Dronfield-wildplaas buite Kimberley ontstaan het, het meer as 6 000 ha verwoes.

Piet Oosthuysen, bestuurder van De Beers se eiendomsportefeulje, het gesê die brand het omstreeks 09:30 op die dag uitgebreek.

“Ons meen dit het aan die oorkant van die N12-pad ontstaan. Die wind was so sterk dat die vlamme oor die pad versprei het. Die wind het ons rondgegooi. Dit het kort-kort van rigting verander.”

Oosthuysen is dankbaar dat boere en werkers van die Petra-diamantmyn die brand help blus het. Hy reken op ’n tydstip was daar meer as 40 voertuie met mense wat kom help het.

“Die vrywilligers was wonderlik. Sommige mense het selfs van Douglas gekom. Die Sol Plaatje-munisipaliteit het ook ’n brandweerwa gestuur wat die N12-roete gepatrolleer het. Hulle wou keer dat die brand oor die pad spring.”

Beryl Wilson, dierkundige by die McGregor-museum wat aasvoëls bestudeer, is verlig dat net ’n handvol aasvoëlneste beskadig is.

“Die kuikens sal nou sowat vier weke oud wees. Dalk sal hulle van vlamme of rookinaseming doodgaan. Tog broei sommige aasvoëls later as ander. Vanjaar het ons sowat 106 aktiewe neste in die kameeldoringbome.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.