Chirurg verskuif operasiegrense

2017-08-09 06:02
In die operasiesaal is van links drs. Johan Honing, Diego Gonzalez Rivas en Richard Schulenburg wat na die skerm kyk wat die beeld van die pasiënt se long vertoon.

In die operasiesaal is van links drs. Johan Honing, Diego Gonzalez Rivas en Richard Schulenburg wat na die skerm kyk wat die beeld van die pasiënt se long vertoon.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Spaanse torakchirurg het Woensdag (02/08) die eerste enkelpoort- torakskopiese chirurgiese operasies in die Noord-Kaap in Kimberley saam met twee Suid-Afrikaanse chirurge uitgevoer.

Dr. Diego Gonzalez Rivas het die twee operasies by die nuwe Lenmed Royal-hospitaal-en-hartsentrum uitgevoer. Hy is deur drs. Richard Schulenburg en Johan Honing bygestaan.

Rivas is wêreldberoemd vir sy nuwe metode om met een snit in die borskas ingewikkelde long-operasies uit te voer waar dokters voorheen die borskas moes oopmaak en ribbes strek.

Die ouer metode is ’n baie pynlike prosedure vir pasiënte.

Hy het ook sy eie instrumente vir sy metodes ontwerp, wat Scanlan International, ’n vervaardiger van mediese instrumente, na hom vernoem het.

Rivas het ten tyde van dié operasies ’n gewas van een pasiënt se long en ’n deel van ’n ander pasiënt se long verwyder.

“Dr. Schulenburg het van my kursusse in Spanje bygewoon. Hy het voorgestel dat ek operasies by die hartsentrum in Kimberley doen. Ons het vandeesweek al twee operasies in Gauteng gedoen en sou Donderdag (03/08) ’n operasie in Bo­tswana doen,” sê Rivas.

Hy het al op twee vorige besoeke operasies in Suid-Afrika en Namibië uitgevoer.

“Ek het ’n chirurgiese tegniek ontwerp wat minder ingrypend is. Die pasiënt kan binne ure heeltemal wakker wees en binne dae ontslaan word.

“Ek het in Amerika geleer om met twee en drie poorte operasies uit te voer. Ek het daarna die enkelpoortmetode ontwikkel waar daar onder die borsbeen ingegaan word.

“Met twee of drie poorte moet jy uit twee of drie hoeke na die operasieplek kyk, wat moeilik kan wees. Met een poort is die kamera by die instrument en het jy ’n direkte aansig.

“Ek het ook die grootste torakseenheid by die longhospitaal in Sjanghai in China ontwikkel waar ons 60 gevalle per dag hanteer. Ons het in die afgelope vier jaar sowat 350 chirurge van oor die wêreld heen opgelei,” sê Rivas.

“Daar word ook skanderings gedoen waarmee longkanker baie vroeër as in ander dele van die wêreldg bespeur kan word.

“My volgende uitdaging is om ’n robot te ontwikkel sodat ek operasies sonder assistente met ’n robotarm kan uitvoer.”

Volgens Rivas is min chirurge bereid om die grense te verskuif.

Op 42 is hy nie bang om steeds sy metodes met voortdurende ondervinding te verbeter nie.

“Chirurgie is veral wonderlik omdat jy met jou hande en direkte handeling ’n pasiënt se lewe kan verbeter – anders as met medisyne.”

Rivas het ook ’n boek, Die onmoontlike is niks, geskryf waarin pasiënte oor hom praat en hy sy metodes, waagmoed en passie vir sy werk deel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.