Dans bied vertroosting

2018-04-25 06:01
Totto Niwenshuti, ’n danser wat in 1994 die Rwandese volksmoord oorleef het, bring vandeesweek sy vertoning iNGENDO: Journeys to survival and healing na die William Humphreys-kunsgalery in Kimberley.

Totto Niwenshuti, ’n danser wat in 1994 die Rwandese volksmoord oorleef het, bring vandeesweek sy vertoning iNGENDO: Journeys to survival and healing na die William Humphreys-kunsgalery in Kimberley.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Toe Suid-Afrikaners op 27 April 1994 in hul miljoene oor Suid-Afrika heen na stembusse gestroom het vir die land se eerste demokratiese verkiesing, het ’n jong Rwandese seun, Totto Théogène Niwenshuti, gevlug vir sy lewe tydens die Rwandese volksmoord wat van 7 April tot 15 Julie 1994 in dié Afrika-land plaasgevind het.

Tussen 500 000 en ’n miljoen Rwandese is na raming in hierdie bloedige 100 dae om die lewe gebring toe die Hutu-meerderheid etniese Tutsi’s weens hul afkoms vermoor het.

’n Verdere twee miljoen burgers het uit die land gevlug.

Niwenshuti, vandag ’n professionele danser, het die gruwels van die Rwandese volksmoord oorleef en vertroosting in dans as kunsvorm gevind.

Hy bring Donderdag (26/04), Vrydag (27/04) en Saterdag (28/04) sy wedervaringe van die Rwandese volksmoord na Kimberley in die dansvertoning iNGENDO: Journeys to survival and healing.

Die verhoogstuk sal in die William Humphreys-kunsgalery plaasvind.

Kaartjies vir die dansvertoningkos R100. Studente betaal slegs R50.

Kaartjies is by die voorste toonbank van die kunsgalery beskikbaar. Stuur ’n e-pos aan movinghumanity@gmail. com om te bespreek.

Bel die William Humphreys-kunsgalery by 053-831-1724/5 vir inligting.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.