Delwers gewond in uitsetting

2018-04-11 06:01
KEM-JV se myntoerusting en infrastruktuur is in Desember verlede jaar na bewering deur onwettige delwers beskadig.Foto: Verskaf

KEM-JV se myntoerusting en infrastruktuur is in Desember verlede jaar na bewering deur onwettige delwers beskadig.Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Twee onwettige delwers is Donderdag (05/04) in Kimberley raakgeskiet en nege in hegtenis geneem nadat die balju met behulp van die polisie ’n uitsettingsbevel uitgevoer het.

Dit kom ’n jaar nadat Kimberley Ekapa Mining Joint Venture (KEM-JV) ’n hofbevel verkry het om die onwettige delwers van hul mynterreine te laat verwyder.

Die delwers het onsuksesvol, selfs tot in die konstitusionele hof, probeer om teen die hofbevel te appelleer.

Die uitsetting volg op etlike geweld­dadige voorvalle verlede jaar waarin die delwers met mynsekuriteitspersoneel slaags geraak het.

Die delwers het nie net onwettig op die mynterrein gedelf nie, maar ook na bewering toevoerpype gesaboteer en toerusting en voertuie van die myn beskadig.

Veiligheidswagte is ook in die vorige skermutselings beseer.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het toesig oor die uitsettings gehou.

“Die uitsettings is in Green Point, Samaria en Kenilworth uitgevoer.

“Een onwettige delwer is omstreeks 12:00 in Green Point deur die myn­sekuriteitspersoneel in die hand geskiet. Hy is na die hospitaal gebring.

“By Samaria het ’n groep van 300 delwers die R64-roete onwettig versper en die polisie met klippe bestook.

“Die polisie het rubberkoeëls gebruik om hulle uiteen te jaag. Een man wat raakgeskiet is, is na die hospitaal gebring.

“Ons het nege mense weens openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle verskyn binnekort in die hof. Ons hou steeds die situasie dop. Dit was teen die namiddag redelik kalm,” sê hy.

Gert Klopper, woordvoerder van KEM-JV, sê die vennote van die maatskappy is verheug dat die balju die uitsettingsbevel uitgevoer het.

“Ons beskou dit as ’n geregtelike oorwinning wat die maatskappy sal toelaat om sy sakeplan uit te voer sonder die ontwrigting van onwettige delwers en hul bedrywighede.

“Die uitsettings is ook in belang van die breë gemeenskap van Kimberley.

“KEM-JV behou hom die reg voor om regstappe te doen in geval van enige verdere onwettige betreding van sy eiendom.

“Ons is bedag daarop en waardeer die regering se poging om kleinskaalse delwery te wettig deur ’n raamwerk daar te stel.

“Ons sal tot die proses bydra sonder dat dit ons eie regte en vermoë benadeel om ons verpligtinge teenoor interne en eksterne belanghebbendes na te kom,” sê Klopper.

Die adjunkminister van minerale bronne het voorheen gesê die regering sal help om 400 ha aan die delwers beskikbaar te stel.

’n Voorwaarde wat gestel is, is dat hulle gewettig word en hulle aan die landswette onderwerp.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.