Dié gebou staan uit

2018-04-04 06:01
Die uitsig van die balkon van die Sol Plaatje-universiteit se biblioteek oor Kimberley word deur Loyanda Mhlanga, ’n projekbestuurder, bewonder. Foto: Charné Kemp

Die uitsig van die balkon van die Sol Plaatje-universiteit se biblioteek oor Kimberley word deur Loyanda Mhlanga, ’n projekbestuurder, bewonder. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Sol Plaatje-universiteit (SPU) in Kimberley het vandeesweek met sy nuwe en tegnologies gevorderde biblioteek- en laboratorium­geboue gespog.

Die SPU, wat reeds vyf jaar oud is, se gebouekompleks word jaarliks uitgebrei.

Prof. Yunis Ballim, rektor, sê hulle is baie trots op die nuwe geriewe wat vroeër vanjaar deur die kontrakteurs oorhandig is. Hy het dit vroeër vandeesweek aan Kimberliete bekend gestel.

“Behalwe dat dit tot Kimberley se skoonheid bydra, vorm dit die kern van ons studente se opvoeding. Die geriewe spreek van die moderne begrip van onderwys. Alles is bymekaar, daar is kruisbestuiwing van idees binne vakgebiede en veral kommunikasie word aangemoedig.

“Die biblioteek is nie net meer ’n versameling van boeke nie. Dit is ’n gebou wat gesprek aanmoedig. Die kreatiewe leef- en studieruimtes bevorder opvoeding. Al die laboratoriums is in een gebou sodat studente in verskillende wetenskaplike kursusse mekaar kan stimuleer.”

Volgens hom is personeel se behoeftes ook bevredig.

“Ons veiligheidstandaarde is van die hoogste gehalte.”

Loyanda Mhlanga, ’n projekbestuurder, sê die biblioteek het ’n ouditorium vir konferensies en ruimte vir uitstallings. Die gebou het ook klaskamers en ’n argief.

Die SPU het sowat 1 500 ingeskrewe studente.

Die biblioteek, ’n sesverdiepinggebou met ’n betonaansig, is die kern van die sentrale kampus. Dit staan uit tussen die ander geboue wat ’n steenafwerking het.

“Daar heers ’n interaktiewe atmosfeer. Ons het skerms wat studente kan skuif om hulself af te sonder wanneer hulle in studiegroepe bymekaar kom.”

Op die boonste verdieping is daar klankdigte studievertrekke en raadsale.

Die ander nuwe gebou huisves die chemiese, biologiese en argeologiese laboratoriums, asook kantore.

“Al die laboratoriums en voorbereidingsruimtes is in een gebou. Ons moedig interaksie tussen studente in verskillende wetenskaplike dissiplines aan.”

Die ander voltooide geboue huisves onder meer die werkwinkels, onderwys- en humanitêre fakulteite, koshuise en kafeteria. Die universiteit het nege geboue op drie kampusse, waarvan sommige ouer en opgeknap is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.