Drankmisbruik onder swanger vroue fel in NK

2016-02-24 06:00
LINKS: Mac Jack, Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, sê gesondheidsowerhede het ’n plan om fetale alkoholsindroom (FAS) in die provinsie te takel. Foto: Verskaf

LINKS: Mac Jack, Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, sê gesondheidsowerhede het ’n plan om fetale alkoholsindroom (FAS) in die provinsie te takel. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, Mac Jack, sê die gebruik van alkohol deur swanger vroue bly ’n ernstige probleem in veral die landelike gebiede van die Noord-Kaap.

Jack het op Dinsdag 16 Februarie op ’n konferensie oor fetale alkoholsindroom (FAS) in die Horseshoe Inn in Kimberley gepraat. Die geleentheid is deur die Kimberley-suid Rotary-klub gereël.

Jack het in sy toespraak gesê navorsing wat deur die Stigting vir Alkoholverwante Navorsing (FARR) gedoen is, toon dat FAS in tussen 6% en 12% van die plaaslike bevolking voorkom.

Die opname waarna hy verwys, is in 2003 in De Aar en Upington gedoen, weer in 2010 in De Aar en onlangs in Galeshewe en Roodepan in Kimberley.

Die studie wat in 2003 gedoen is, toon volgens Jack daar was ’n 6,9% voorkoms van FAS in Upington, terwyl die voorkoms van FAS in De Aar 13% was.

Volgens Jack kon dié syfer in De Aar teen 2010 met 30% verlaag word, danksy die departement van gesondheid se Healthy Mother, Healthy Baby-program en die hulp van die FARR.

Volgens hom het navorsing wat in 2014 gedoen is, getoon die voorkoms van FAS in Galeshewe en Roodepan in Kimberley staan op minstens 6,1%, met die werklike syfer wat waarskynlik veel hoër is.

Hy sê berading is sedertdien aan al die moeders van kinders met FAS hier gebied.

Die departement het ook 98 opvoeders en opvoedkundige sielkundiges, 18 dieetkundiges, 14 beroeps-, spraak- en fisioterapeute, 63 verpleegsters en 74 maatskaplike werkers aangestel om die probleem hier aan te spreek.

Volgens Jack bedryf die departement ook verskeie bewusmakingsveldtogte om mense van die gevare van alkoholinname ten tyde van swangerskap te waarsku.

Fetale alkoholspektrum-afwykings (Fasa) word volgens die FARR veroorsaak wanneer ’n swanger vrou alkohol gebruik en die alkohol – wat giftig vir die ongebore baba is – ’n orgaan van die baba beskadig. Die ontwikkelende brein is veral baie kwesbaar.

Terwyl FAS die ergste vorm van Fasa is, sluit Fasa ook ’n rits verwante probleme in.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.