Droogte bedreig flaminke

2018-01-17 06:01
Die water in die Kamfersdam droog op omdat die munisipaliteit nie gereeld gesuiwerde rioolwater in die pan pomp nie.Foto: Brian Culver

Die water in die Kamfersdam droog op omdat die munisipaliteit nie gereeld gesuiwerde rioolwater in die pan pomp nie.Foto: Brian Culver

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die kolonie groot- en kleinflaminke op die Kamfersdam in die Diamantstad word weer bedreig, omdat duisende eiers en kuikens weens die hitte en krimpende watermassa verwerp word.

Só sê Brian Culver, ’n voëlliefhebber van Kimberley. Hy het die afgelope dae foto’s van verlate neste met eiers daarin geneem.

“Dit is ’n ramp. Dit het alles so goed begin toe die flaminke vir die eerste keer sonder menslike ingryping begin broei het.

“Nou krimp die water so vinnig weg dat die droë neste met eiers weens die hitte verwerp word. Kuikens word ook versaak. Boonop steel inwoners die eiers en kuikens vir kos.”

Hy neem die Sol Plaatje-munisipaliteit en die departement van natuurbewaring en omgewingsake kwalik omdat hulle nie vinnig genoeg ingegryp en opgetree het nie.

Hy eis dat die owerhede dringend meer water in die pan pomp en keer dat mense kuikens en eiers steel.

Tania Anderson van Save the Flamingo is moedeloos.

“Die departement van natuurbewaring speel nie ’n aktiewe rol om die voëls te bewaar nie. Dit is regtig teleurstellend.

“ ’n Mens verwag dat hulle al ’n plan van aksie het om kwesbare kuikens te verwyder en patrollies in te stel wat inwoners van die voëls weghou.

Sello Matsie, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit kan weens foutiewe rioolpompe en stukkende pype nie genoeg water in die pan pomp nie.

“Die helfte van Galeshewe se rioolwater bereik nie die rioolaanleg nie weens die foutiewe pomp en pyp.

“Ons is besig om tenders te adverteer om dit te herstel.

“Ons wil graag meer water inpomp, maar die invloei is te min.

“Ons pomp sedert Dinsdag (9 Januarie) weer water na die Kamfersdam.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.