Eerlike regering beloof

2018-11-21 06:02
Die federale leier van die Demokratiese Alliansie (DA), Mmusi Maimane, word Vrydagoggend (2018/11/09) in Roodepan in Kimberley verwelkom deur DA-ondersteuners. Foto: Christiaan Cloete

Die federale leier van die Demokratiese Alliansie (DA), Mmusi Maimane, word Vrydagoggend (2018/11/09) in Roodepan in Kimberley verwelkom deur DA-ondersteuners. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“Ek het ’n groot probleem. Ek het gedink daar is net een Groot Gat in die Noord-Kaap, maar Sylvia Lucas is ook ’n probleem. As jy ’n premier is en jou eerste prioriteit is om vir jouself KFC te laat gaan haal, moet jy weet jy het ’n groot gat in jou.”

Só het Mmusi Maimane, DA-leier, Sylvia Lucas, die Noord-Kaapse premier, aangevat in ’n toespraak wat hy Vrydag (09/11) voor inwoners van Roodepan, Kimberley, gedoen het.

Maimane en Andrew Louw, die DA se premierskandidaat vir die Noord-Kaap, en ander hoës van die party was Vrydagoggend in Roodepan om die party se Team One SA-verkiesingsveldtog in die provinsie van stapel te stuur.

Maimane het gesê dat Lucas en die ANC nie vir die mense van die provinsie omgee nie.

“Sy is besig om vir haar vriende en haar familielede te sorg terwyl die mense in die Noord-Kaap swaarkry,” het Maimane gesê.

Hy sê werkloosheid en armoede is ’n groot probleem in die Noord-Kaap, en die DA wil dit verander.

Volgens hom kan ’n verbysterende 42% van volwassenes in die provinsie nie werk kry nie.

“Die probleem is nie die mense nie. Die probleem is nie die grond nie. Die probleem is die regering. Hulle is besig om geld te steel om hul families te versorg,” het Maimane gesê.

“Vandag sê ons genoeg is genoeg. Ons soek verandering in die Noord-Kaap. Amandla!”

Maimane het die ANC daarvan beskuldig dat mense met werk en staatshuise omgekoop word om vir die party te stem, en sodoende lojaliteit teenoor die party te verseker.

Maimane meen dit is moontlik om die stemme vir die ANC in die provinsie tot onder 50% te beperk en die ANC-regering in die Noord-Kaap in 2019 met ’n “eerlike en verantwoordbare” DA-beheerde regering te vervang.

Vandag sê ons genoeg is genoeg. Ons soek verandering in die Noord-Kaap. Amandla!

- Mmusi Maimane

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.