Fietsrylegende oorlede

2018-01-24 06:01

Raymond “Ray” Robinson, ’n oud-Kimberliet, oud-Springbok fietsryer en Olimpiese Spele-medaljewenner, is vroëer vandeesmaand op 88-jarige ouderdom aan natuurlike oorsake oorlede.

Robinson, wat op 3 September 1929 in Johannesburg gebore en ’n oud-leerling van die Kimberley Boys High School was, is volgens sy jonger broer Ken (83) op 4 Januarie in die Strand in die Wes-Kaap oorlede.

Hy het die afgelope jaar en ’n half daar saam met sy vrou, Joey Robinson (83) gebly.

Robinson, die seun van ’n Ierse immigrant wat in 1881 na Suid-Afrika verhuis het en in ’n stadium die Crown Royal Hotel in Beaconsfield besit het, het glo in 1950 begin fietsry en het gou die Griekwaland-Wes fietsryspan gehaal.

Hy het in 1951 na Transvaal verhuis waarna hy vir die destydse Suid-Transvaal fiets gery het.

Volgens sy broer Ken was daar meer geleentheid om as fietsryer te groei in Transvaal.

Twee jaar later het hy die Suid-Afrikaanse span gehaal wat aan die Olimpiese Spele deelgeneem het.

Sy broer, Ken, vertel: “In daardie jare het die OR Thambo-lughawe of die Jan Smuts-lughawe soos dit deesdae bekendstaan nog nie bestaan nie en hulle van die Palmietfontein-lughawe wat tussen Johannesburg en Alberton geleë was na Helsinki vlieg. Die vlug het bykans twee dae geneem waartydens die vliegtuig drie keer moes land om brandstof op te neem,” vertel hy.

In 1952, het hy en Thomas Shardelaw, ’n mede Suid-Afrikaner, ’n silwermedalje in die 2 000 m-tandemwedren by die 1952 Olimpiese Spele in Helsinki gewen hulle die gouemelaje met ’n paar sentimters gemis het.

Robinson het tydens dieselfde Spele in Helsinki ook ’n bronsmedalje in die 1 000 m-tydtoets gewen.

Hy het ook aan die 1956 Olimpiese Spele in Melbourne deelgeneem.

Robinson sou ook aan die 1960 Olimpiese Spele in Rome deelgeneem het maar het kort voor die Spele geval en sy sleutelbeen gebreek wat beteken dat hy nie kon deelneem nie.

Robinson word deur sy vrou Joey (83), twee seuns, Raymond (64) en Sidney (58), en hulle kleinkinders oorleef.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

Keep your family and pets safe from rabies

The recent outbreak of rabies in South Africa has brought to light how terrible this disease is and how as pet parents we need to be vigilant to keep our families safe.

 

Paws

5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.