Gemeente vier 100 j.

2018-11-28 06:01
Ten tyde van die onthulling van die ge­denksteen van die 100ste bestaansjaar van die UCCSA-gemeente te Wrenchville deur eerwarde Marthinus Lewie op Sondag 7 Oktober 2018.Foto’s: Edward Smit

Ten tyde van die onthulling van die ge­denksteen van die 100ste bestaansjaar van die UCCSA-gemeente te Wrenchville deur eerwarde Marthinus Lewie op Sondag 7 Oktober 2018.Foto’s: Edward Smit

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In 1918, toe Kuruman net 35 jaar oud was, is die hoeksteen van die United Congregational Church of Southern Africa (voorheen die Londense sen­dinggenootskap) se kerkgebou deur die sendeling John Tom Brown gelê, waarop die gemeente van Wrenchville gebou is.

Die gemeente het sy 100ste bestaansjaar gevier met ’n feesprogram wat van 5 tot 7 Oktober gestrek het.

Hierdie eeufeesvieringe het die Vrydag begin met ’n debutantebal wat gepaardgegaan het met ’n langarmdansparty.

Op Saterdag 6 Oktober het die gemeente sy eeufeesbasaar gehou, gevolg deur die eeufeesdiens die Sondag.

Dié ­diens het plaasgevind 51 jaar ná die eenwording van die Londense sendingggenootskap, die Bantu Congregational-kerk en die Congregational Union of South Africa. Dit is bygewoon deur die verskillende susterskerke binne die Teemane-streek.

Die spesiale diens, gelei deur eerwaarde Frederick Lukas Bott, is begin met die gedenksteenont­hulling. Bott het sy treffende boodskap gegrond op Haggai 2:3-9 en Efesiërs 2:17-22.

Bott se boodskap aan die gemeente was: Julle is ’n woning vir die gees van God. Hier kom kry ons vrede, hoop, moed en geloof. Die groter kerk moet ’n put van vrede bekom vir ons as mens. Vandag moet die kerk ’n kanaal van vrede en stabiliteit in ons gemeenskappe wees en mense lei tot hemelse burgerskap.

In sy rede het hy ook hulde gebring aan die pioniers wat die gemeente en die gebou tot stand gebring het.

Hy het die gemeente herinner dat hulle op die skouers van geloofsreuse staan: Christenmans en -vroue wat voor hulle uitgegaan het. Hierdie voorgangers het alles wat pla opsy geskuif en die wedloop vreesloos en met groot geloof gehardloop, het hy gesê. Hul lewensverhale is ’n erfenis en ’n aanmoediging vir die nageslagte; ’n bewys van wat bereik kan word as ons ons ten volle aan God en Sy weë verbind, meen hy.

Bott, as spesiaal uitgenooide prediker en ’n kind van die Lukas Bott Memorial UCC in die Kalahari, met amper 40 jaar as heeltydse leraar in diens van die Akker van God en die UCCSA, is op 29 Oktober 1979 in die Wrenchville-gemeente bevestig.

Die kerkkoor het ook ten tyde van die diens sy feeslied gesing, wat spreek van die honderd jaar dat God hierdie gemeente gelei en getrou by hulle gestaan het.

Daarom juig en erken hulle, die Here bly getrou en dit is die moeite werd om by Hom te bly.

Freddie Alexander, verbonde aan die BJ Haai Memorial UCCSA te Postmasburg, het ’n spesiale seëngebed gedoen.

Isaac Stallenberg het die gemeente en gemeenskap bedank vir ’n suksesvolle feesprogram wat op Maandag­aand 8 Oktober afgesluit is met ’n dankseggingsdiens gelei deur Cathy Bott.

Eerwaarde Marthinus Lewie is tans heeltydse leraar van die Wrenchville-gemeente en word ondersteun deur sy eggenote, Cathleen.

  • Die United Congregational Church of Southern Africa (UCCSA) het sy ontstaan uit die samesmelting van die Londense sendinggenootskap, Bantu Congregational Kerk en die Congregational Union of South Africa, wat vandag bekend staan as die Cong-kerk.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.