Griekwas oefen weer volstoom

2017-01-25 06:01
Die nuwelinge, van links Mthunzi Moloi (22), Tertius Kruger (23), Shaun McDonald (27) en De Wet Kruger (25), oefen saam.

Die nuwelinge, van links Mthunzi Moloi (22), Tertius Kruger (23), Shaun McDonald (27) en De Wet Kruger (25), oefen saam.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Fiksheid kan in die komende rugbyseisoen die deurslag gee en die Griekwas besef dit al te goed. Die Poubloues is weer volstoom aan die oefen by Griekwapark om hulle vir hul wedstryde later vanjaar voor te berei.

Die span ondergaan tans ’n intensiewe oefenprogram onder die hoofafrigter, Peter Engledow, assistentafrigter, Dave Hesketh, en sy kondi­sioneringsafrigter, Neil Murphy.

“Die idee is om eerder nou pyn te verduur as later in die seisoen,” sê Murphy.

Volgens hom is die doel om die spelers se liggame tot die uiterste te druk om hulle voor te berei vir die eise wat een van Suid-Afrika se taaiste rugbytoernooie – die Curriebeker – aan hulle gaan stel.

Die oefeninge sluit maksimale aërobiese spoedoefeninge om die spelers se weerstand teen melksuur te verbeter.

Spelers moet ook sleepgewigte, wat om hul middellywe vasgemaak is, trek en daar word op en af met trappe gehardloop.

Die spelers bring ook baie tyd in die gimnasium deur, waar hulle verskeie beenspier- en skoueroefeninge doen het om kernsterkte te verbeter.

Die oefensessies behoort hopelik spelers in staat te stel om baie intensiewe rugby in al twee helftes van hul wedstryde te speel.

  • Griekwas spog ook vanjaar met ’n paar nuwe gesigte. Pieter van Vuuren (slot), die Kruger-broers, Tertius (senter) en De Wet (agtsteman en flank), Mthunzi Moloi (vaskopstut) en Shaun McDonald (slot of flank) is ’n paar van die nuwe toevoegings tot die Griekwa-span.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.