Hartoperasie ’n eerste vir die NK

2018-05-02 06:00
Sr. Marinda Jordaan en sr. Mariam Sathar saam met Tsiamo Taolo, die hartpasiënt. Hy herstel nog ná ’n opehart-klepvervangingsoperasie wat Woensdag (18/04) op hom by die Lenmed Royal-hospitaal-en-hartsentrum in Kimberley uitgevoer is. Dit was volgens Hector Mackay, hospitaalbestuurder, die eerste opehart-operasie wat in die Noord-Kaap gedoen is.Foto’s: Christiaan Cloete(wat beteken dat ’n masjien die funksie van die hart en longe gedurende die operasie oorneem) in die Noord-Kaap.

Sr. Marinda Jordaan en sr. Mariam Sathar saam met Tsiamo Taolo, die hartpasiënt. Hy herstel nog ná ’n opehart-klepvervangingsoperasie wat Woensdag (18/04) op hom by die Lenmed Royal-hospitaal-en-hartsentrum in Kimberley uitgevoer is. Dit was volgens Hector Mackay, hospitaalbestuurder, die eerste opehart-operasie wat in die Noord-Kaap gedoen is.Foto’s: Christiaan Cloete(wat beteken dat ’n masjien die funksie van die hart en longe gedurende die operasie oorneem) in die Noord-Kaap.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die heel eerste opehart-operasie in die Noord-Kaap is Woensdagoggend (18/04) by die Lenmed Royal-hospitaal-en-hartsentrum in Kimberley se nuwe hartsorgeenheid uitgevoer.

Die pasiënt was Tsiamo Taolo (37) van Postmasburg.

Dr. Richard Schulenburg, kardiotoraks-chirurg, het die operasie met die hulp van dr. Ridwaan Syed, intensivis en narkotiseur, uitgevoer.

Schulenburg verduidelik ’n opehart-operasie is wanneer die hartfunksies gestaak word en die funksie van die hart en longe vir die duur van die operasie deur ’n omleidingmasjien oorgeneem word.

In hierdie geval was dit vir drie en ’n half uur.

Volgens Schulenburg moes pasiënte voorheen vir dié operasies na hospitale in ander provinsies reis.

Schulenburg sê die pasiënt is met ’n defektiewe hartklep – ’n bicuspidale klep – gebore wat probleme begin gee het.

“Die klep het mettertyd begin lek en ons moes die klep in die aorta vervang en die slagaar herstel,” vertel hy.

Dié operasie is een van verskeie opehart-operasies en staan as ’n aortaklepvervanging bekend.

Maryna Fulls, ’n kardiovaskulêre tegnoloog, het die kardiopulmonale-omleidingsmasjien gedurende die operasie beheer.

Volgens sr. Mariam Sathar gaan dit goed met Taolo en het hy reeds Donderdag (19/04) aan die punt van die bed regop gesit om te eet.

“Dit is gewoonlik ’n goeie teken,” sê sy.

Volgens sr. Marinda Jordaan is daar sedert die opening van dié hartsorgsentrum reeds tien pasiënte hier behandel.

Volgens Hector Mackay, hospitaalbestuurder, het die nuwe hartsorgsentrum ’n kapasiteit van vyf beddens, maar gaan dit binnekort tot tien beddens uitgebrei word om meer pasiënte te kan huisves.

Die hospitaal is verlede jaar amptelik geopen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.