Herdoopte Isuzu KB steeds die ware Jakob

2018-11-28 06:01

Die Isuzu KB gaan nie van die mark af verdwyn en vervang word nie. Hy kry bloot ’n nuwe naam en ’n paar nuwe modelle by, en ook meer moderne geriefstoerusting, ’n sesgang-handratkas in die LX-variante en ’n meer verfynde binneruim.

Die nuwe D-Max is as’t ware dieselfde KB-bakkie, maar omdat Isuzu Motors nou los van General Motors staan en eerder lid is van die Isuzu Japan-familie, is besluit om dié naam aan te neem. Vir Suid-Afrikaners word 30 modelle by die Struandale-fabriek in Port Elizabeth gebou, terwyl 13 modelle na Afrikalande uitgevoer sal word.

Die grootste veranderinge is in die topklas-LX-modelle te vinde, beskikbaar in enkel-, super- en dubbelkajuit-formaat.

’n Mens moet fyn kyk om werklik die verskil aan die D-Max se voorkant te sien. Die leefstylbakkies kry nou ook LED-hoofligte. Aan die binnekant lyk en voel dinge beter.

Wat die vermaakstelsel betref, het toekomstige D-Max- (LX-variant) eienaars iets om na uit te sien.

Daar is min bakkies wat ’n lelike grondpad so mooi soos ’n Isuzu kan hanteer. Die D-Max seil oor die hobbels. Op teer is die D-Max se ritgehalte net so gemaklik, sonder om goeie padhouvermoë in te boet. Sesde rat is ’n aanwins in die hand- en outo-ratkasmodel, en ’n mens kan sport­modus inspan. Die outomatiese modelle het ’n tikratfunksie. Afdraandbeheer, ook stabiliteits- en vastrapbeheer, is standaardtoerusting – ook swaaibeheer.

Ané Theron

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.