Herdoopte Isuzu KB steeds ware Jakob

2018-11-28 06:02
Isuzu bied voortaan ook ’n uitgebreide reeks toerusting waarmee jy jou bakkie boendoe-gereed kan maak. Besoek jou handelaar of die webwerf (Isuzu.co.za) vir meer inligting.

Isuzu bied voortaan ook ’n uitgebreide reeks toerusting waarmee jy jou bakkie boendoe-gereed kan maak. Besoek jou handelaar of die webwerf (Isuzu.co.za) vir meer inligting.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Voordat almal bekommerd raak: Die Isuzu KB gaan nie van die mark af verdwyn en vervang word nie. Hy kry bloot ’n nuwe naam en ’n paar nuwe modelle by, en ook meer moderne geriefstoerusting, ’n sesgang-handratkas in die LX-variante en ’n meer verfynde binneruim.

Die nuwe D-Max is as’t ware dieselfde KB-bakkie, maar omdat Isuzu Motors nou op sy eie bene staan (los van General Motors) en eerder lid is van die Isuzu Japan-familie, is besluit om dié naam (wat elders vir die bakkies gebruik word) aan te neem.

Vir Suid-Afrikaners word 30 modelle by die Struandale-fabriek in Port Elizabeth gebou, terwyl 13 modelle na Afrikalande uitgevoer sal word.

Die grootste veranderinge is in die topklas-LX-modelle te vinde, beskikbaar in enkel-, super- en dubbelkajuit-formaat.

’n Mens moet fyn kyk om werklik die verskil aan die D-Max se voorkant te sien. Die leefstylbakkies (super- en dubbelkajuitmodelle) kry nou ook LED-hoofligte. Aan die binnekant lyk en voel dinge aansienlik beter.

Wat die vermaakstelsel betref, het toekomstige D-Max- (LX-variant) eienaars iets om na uit te sien.

Daar is min bakkies wat ’n lelike grondpad so mooi soos ’n Isuzu kan hanteer. Die D-Max seil eenvoudig oor die hobbels, só lekker sag is hy geveer. En op teer is die D-Max se ritgehalte net so gemaklik, sonder om goeie padhouvermoë in te boet.

Die sesde rat is ’n aanwins in die hand- en outo-ratkasmodelle, en ’n mens kan sport­modus ook inspan. Die outomatiese modelle het ’n tikratfunksie, as jy self van rat wil verwissel.

Afdraandbeheer, asook stabiliteits- en vastrapbeheer, is standaardtoerusting, en so ook swaaibeheer.

’n Sleepstang is standaard in die drieliter-LX-modelle, wat tot 3,5 ton kan sleep.

Ané Theron

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.