Hidrokragstasie vorder soos beplan

2015-12-09 06:00
SÓ het die terrein gelyk voordat daar met die konstruksie van die nuwe hidro-elektriese kragsentrale begin is. Foto: Verskaf

SÓ het die terrein gelyk voordat daar met die konstruksie van die nuwe hidro-elektriese kragsentrale begin is. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KONSTRUKSIE aan die Bethlehemse hidro-kragstasie van NuPlanet, ’n Suid-Afrikaanse ontwikkelaar van hidro-elektrisiteit, vorder soos beplan. Dit is aan die Asrivier tussen Clarens en Bethlehem en staan as die Stortemelk-projek bekend.

Bouwerk het einde verlede jaar begin.

’n Turbine, wat deur Andritz Hydro GmbH in Duitsland verskaf word, het verlede week op die terrein aangekom en is intussen afgelaai. Dit weeg 55 ton.

Die turbine is van Duitsland af verskeep en per pad van die Durban-hawe vervoer.

Die hoëvloei, laedruk vertikale turbine gaan aan ’n water-lugverkoelde opwekker gekoppel word.

NuPlanet, met Anton-Louis Olivier as besturende direkteur, het reeds twee ander hidro-elektriese kragstasies in die Asrivier opgerig.

Die Stortemelk- hidro-elektriese kragsentrale van 4,5 MW lyk ietwat anders as die ander twee hidro-kragsentrales. Die ander twee kragsentrales is horisontaal opgerig, maar hierdie een word vertikaal gebou. Dit beslaan dus ’n kleiner oppervlak en is so ontwerp om die kleinste invloed moontlik op die natuur te hê.

Die siviele konstruksiewerk word deur die firma Eigenbau gedoen.

Om vertikaal te bou moes 23 m onder grondvlak, waarvan 9,5 m onder water was, gebou word. Volgens die siviele ingenieur Abrie van Rooyen is werk bemoeilik omdat die rots wat in die water was, baie sag was en verbrokkel het wanneer daar geboor is.

Daar is 300 gate (oor sowat 2,4 km) van 8 m in die rots geboor en met staal versterk. Altesaam 380 ton staal word vir bewapening gebruik.

Die helfte van die werkers is plaaslike mense en daar is hoofsaaklik van plaaslike verskaffers gebruik gemaak.

VOOR

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.