Hof hoor hoe seun (6) op toneel sterf

2018-05-09 06:01
Tefelo DikoleFoto: Charné Kemp

Tefelo DikoleFoto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die hooggeregshof in Kimberley het Donderdag (03/05) gehoor dat ’n seuntjie (6) wat ’n aanvaller wou keer om sy ma te verkrag, so erg gesteek is dat hy op die toneel dood is.

Die seuntjie is ná die voorval as ’n held vereer.

Tefelo Dikole (31) word in die hooggeregshof daarvan aangekla dat hy op 12 Augustus 2016 in Jan Kempdorp vir Kutlwano Garesape met ’n gebreekte bottelnek doodgesteek het en dat hy sy ma, Segomotso Evelyn Garesape, naby die proefplaas wou verkrag.

Dikole het haar gepootjie, met haar gestoei en haar op die grond vasgedruk om haar te verkrag.

Die staat voer aan Garesape het die oggend saam met haar twee seuns Kutlwano die jongste, en ’n ander minderjarige seun skool toe gestap toe Dikole agter hulle verskyn het en R2 gevra het.

Sy was ongemaklik omdat Dikole saam met hulle bly stap het.

Dikole het haar met die gebreekte bottel aangeval.

Klein Kutlwano het Dikole begin slaan om hom van sy ma te probeer aftrek. Dikole het die seuntjie twee keer opgetel en neergegooi.

Hy het hom ook gewurg en verskeie kere met die gebreekte bottel gesteek. Dikole het die seun na die treinspoor gesleep.

In vroeëre getuienis het Gare­sape getuig sy het haar sterwende seun in haar arms vasgehou. Hy het gevra dat sy hom ’n laaste keer soen.

Samual Moeng, ’n ooggetuie, het gister getuig dat die oorlewende seun by hulle aangekom en huilend om hulp gevra het. By die spoorlyn het Moeng-hulle gesien hoe ’n man oor die seun buk en daarna weghardloop.

Die beseerde seuntjie het sy hemp opgelig om te wys hoe erg hy gesteek is.

Moeng en sy twee kollegas het Dikole agternagesit. Hy het by ’n steeg in die Proefplaas-woonbuurt ingehardloop. Dikole het met ’n voorwerp te voorskyn gekom en twee keer na Moeng gesteek en toe weggehardloop.

Volgens ’n ander ooggetuie, Bolekoemang Cecil, wat die beskuldigde sedert sy skooldae ken, het die beskuldigde later teenoor hom erken hy het die seun doodgemaak.

“Hy was woedend dat ek hom daaroor uitgevra het, siende dat die seun nie my kind is nie.”

Pierre Fourie van Regshulp SA het namens Dikole verskyn. Adv. Mathaise Kgatwe kla aan. Regter L. Vuma sit op die bank. Die saak duur voort.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.