Hofbevel keer verdere mynskade

2016-03-30 06:00
ONWETTIGE mynbedrywighede by die Kantienkopje-erfenisgebied voordat die hooggeregshof in Kimberley die naweek ’n dringende interdik toegestaan het om dit te staak.                                           Foto: Christiaan Cloete

ONWETTIGE mynbedrywighede by die Kantienkopje-erfenisgebied voordat die hooggeregshof in Kimberley die naweek ’n dringende interdik toegestaan het om dit te staak. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ONWETTIGE mynbedrywighede is vir eers by die Kantienkopje-erfenisgebied by Barkly-Wes gestaak, maar ernstige skade is reeds aangerig.

Dié gebied word as ’n belangrike argeologiese en geskiedkundige terrein geag wat ryk is aan argeologiese oorblyfsels van menslike voorgeslagte wat sowat 500 000 jaar gelede daar gebly het.

Die hooggeregshof in Kimberley het ’n dringende interdik toegestaan om mynbedrywighede van die Jacki M Wesi-mynmaatskappy daar te stop.

Die maatskappy het na bewering op Vrydagaand 18 Maart onregmatig op dié erfenisterrein vir diamante begin myn.

Die McGregor-museum het die aansoek ingedien. Die ander applikante is die departement van mynbou, die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbron-agentskap (Sahra) en die polisie.

Die verweerders, wat nie teenwoordig was om die aansoek teen te staan nie, moet op 8 April betoog oor hoekom die bevel nie permanent gemaak moet word nie.

Die polisie is beveel om te verseker alle mynbedrywighede word ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne gestaak.

Die departement word verbied om die hofbevel op te hef totdat die mynmaatskappy ’n wettige mynpermit het.

Dr. David Morris, hoofargeoloog by die McGregor-museum, sê die mynwerkers het Vrydagaand op die terrein saamgetrek en alle toegangspaaie met doringdraad en klipstapels versper.

Volgens Morris is Kantienkopje ’n belangrike argeologiese en geskiedkundige terrein wat in 1948 as een van die eerste argeologiese terreine in Suid-Afrika verklaar is. Die terrein word hoog aangeskryf deur nasionale en internasionale argeologiese akademici en word vir opleiding in erfenisstudie deur die Sol Plaatje-universiteit gebruik.

Die ontdekking verlede jaar van dierebene, potskerwe en klipwerktuie het die tydperk van die mens se geskiedenis op dié terrein van die vroeë Steentydperk tot die laat Ystertydperk gerek.

Daar word ook navorsing oor die pre-koloniale geskiedenis van die Tswana-kultuur gedoen. Noord-Kaap Toerisme en plaaslike toerisme-agentskappe beveel dit as ’n toeristebestemming aan.

Morris sê die departement van ­mynwese het in 2014 ’n mynpermit toegeken, wat Sahra later met ’n hofbevel verhinder het.

Dié bevel het verval, waarna stootskrapers die terrein binnegedring het.

“Dit is ingevolge die wet verbode om erfenisterreine uit te grawe of van die oorspronklike vorm te verander sonder ’n Sahra-permit. Daar kan geen verandering in die status van ’n verklaarde erfenisterrein wees sonder omslagtige onderhandeling tussen die provinsiale en nasionale owerhede nie.

“Die departement van mynwese is deeglik daarvan bewus hoe kwesbaar Kantienkopje is, want dieselfde het in 1999 gebeur. Die toekenning van die huidige mynpermit is ’n oortreding van die departement se eie voorskrifte in 1999 oor die behoud van Kantienkopje. Daar is baie belangstelling om Kantienkopje as toeristebestemming te ontwikkel. Mynbou sal die terrein vir ewig vernietig en net tydelik werk skep.

“Dié soort optrede is eintlik ’n ondermyning van die integriteit en gesag van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne.”

Morris vra dat besorgde mense besware na die minister van kuns en kultuur by e-pos Vusin@dac.gov.za, asook aan Sahra by PHINE@sahra.org.za, dsibayi@sahra.org.za en vbaduza@sahra.org.za, stuur.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.