Inligting gesoek ná aanval in plaashuis buite Kuruman

2018-04-04 06:03

Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak nadat drie mans ’n huishulp in ’n plaas­huis buite Kuruman in die Noord-Kaap aangeval het.

Die eienaar was glo ten tyde van die voorval nie op die plaas nie.

Die plaas is sowat 15 km buite Kuruman op die Kathu-pad.

Dit volg op ’n soortgelyke voorval op 16 Maart vanjaar toe booswigte op ’n plaas buite Daniëlskuil toegeslaan en die plaaswerkers vasgebind en huisraad gesteel het.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die jongste voorval het Dinsdag 27 Maart omstreeks 08:50 gebeur.

“Die huishulp was besig om die huis skoon te maak. Drie mans het die huis ingekom en haar met ’n vuurwapen gedreig. Hulle was op soek na vuurwapens en geld.

“Hulle het haar vasgebind. Hulle het net met haar selfoon en ’n televisiestel gevlug toe hulle nie geld en vuurwapens in die huis kon vind nie.”

Die polisie versoek enige iemand met inligting om konst. Boitumelo Borake van die Kuruman-speurtak by 082-454-2942, of die misdaadlyn by 08600 10111, te bel.

In die vorige voorval was die plaaseienaars ook nie tuis nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.