Inskrywings kry voete

2018-10-31 06:03
Atlete tydens die Comrades-ultramarathon. Foto: Christiaan Cloete

Atlete tydens die Comrades-ultramarathon. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Inskrywings vir volgende jaar se Comrades-ultramarathon tussen Durban en Pietermaritzburg het vanjaar soos soetkoek verkoop.

Talle atlete van Kimberley het gespring vir die kans om die uitdaging in 2019 aan te pak.

Op die eerste dag dat inskrywings vir volgende jaar se marathon geneem is, Vrydag 19 Oktober, is 15 000 inskrywings ontvang.

Teen Vrydag (26/10) is inskrywings gesluit nadat die perk van 25 000 bereik is.

Rowyn James, wedloopdirekteur van Comrades, het verlede week in ’n televisie-onderhoud gesê die Comrades-marathonvereniging (CMA) is verras deur vanjaar se massiewe belangstelling.

Volgens hom was al die inskrywings vir laas jaar se wedloop in drie weke uitverkoop, in vergelyking met vanjaar toe inskrywings in minder as ’n week uitverkoop is.

Van die Vodacom Kimberley Road Runners, een van die Diamantstad se grootste hardloopklubs, het altesaam 50 atlete hulle vir die uitdaging ingeskryf.

Een van hulle is die Comrades-veteraan Kobus van der Walt, wat reeds 32 keer dié ultramarathon agter die blad het.

Van die Kimberley Harriers, nog ’n groot hardloopklub van Kim­berley, het daar 12 atlete vir die Comrades ingeskryf.

Die Kimberley Pirates-klub gaan volgende jaar sewe van sy atlete na Durban stuur vir hierdie moordende uitdaging.

Die Run Walk for Life-klub in Kimberley het vier atlete wat volgende jaar sal deelneem.

Die Noord-Kaap was verlede jaar die provinsie waarvan die minste atlete deelgeneem het.

Die wedloop van ongeveer 90 km tussen Durban en Pietermaritzburg is in 1921 deur die oorlogs­veteraan Vic Clapham begin om soldate wat in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het, te vereer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.