Inwoners keelvol vir riool

2018-05-23 06:01
Marie Post (71), ’n weduwee van Roodepan, is Donderdag (17/05) agter ’n grag van rioolwater in haar erf in Parakietstraat vasgekeer nadat munisipale werkers ’n sloot moes grawe om rioolwater te herlei. Foto: Christiaan Cloete

Marie Post (71), ’n weduwee van Roodepan, is Donderdag (17/05) agter ’n grag van rioolwater in haar erf in Parakietstraat vasgekeer nadat munisipale werkers ’n sloot moes grawe om rioolwater te herlei. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Weduwee van Roodepan is Donderdag (17/05) in haar erf vasgekeer nadat werkers van die Sol Plaatje-munisipaliteit ’n tamaai grag voor haar huis moes grawe om rioolwater – wat onverpoosd uit ’n verstopte drein in die omgewing borrel – weg van inwoners se erwe te herlei.

Marie Post (71) van Parakietstraat in Roodepan het met die koerant se besoek aan die gebied vertel hoe haar kinders, onderskeidelik 11 en 20, Donderdagoggend oor die stinkende kanaal moes spring sodat hulle skool toe kan gaan.

“As daai kindjie van 11 jaar in hierdie gemors val, dan moet ek haar weer begrawe,” het Post vies gesê.

“En hoe moet hulle my lyk hier kom uitkry? Dan moet die undertakers nog oor dié gemors kom loop,” het Post gesê. Sy meen die probleem van riool wat uit die drein stroom kom al van verlede jaar af.

Volgens ’n inwoner wat anoniem wou bly, spruit die probleem uit ’n drein wat verstop is.

“Hulle het hierdie gat gegrawe om die riool van die erwe in die omgewing te herlei. Nou is die sloot vol en hulle kom nie om dit te dreineer nie.”

Volgens hom het die situasie glo tot ’n voorval gelei waar inwoners mekaar met grawe wou slaan.

Agness Taaibos, ’n buurvrou, sê die stank is so ondraaglik dat hulle in die aande sukkel om te eet. Sy beweer ook dat haar hond dood is nadat hy van die water gedrink het.

“Dit is mos nie reg nie! ’n Mens kan mos nie in so ’n plek bly nie,” sê sy.

Sello Matsie, ’n woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het by navraag gesê die munisipaliteit is met ’n grootskaalse projek besig wat probleme van verstopte dreine sal oplos en sê die water sal met chloor behandel word.

Die klagtes volg nadat die munisipaliteit ’n projek van R31 miljoen begin het om rioolprobleme by die Gogapomp in Kimberley te herstel.

Die burgemeester het Donderdag met die bekendstelling van die projek gesê dat inwoners se probleme rakende verstopte dreine binnekort in die verlede sal kan agterlaat.

Daar is vroeër oor duisende liters onverwerkte rioolvuil berig wat uit die stukkende Goga-rioolpomp na die Galeshewe-dam en in die veld onder deur die R31-roete stroom.

Dié projek sal glo R31 miljoen kos en 18 maande neem om te voltooi.

Dit sluit die konstruksie van ’n 3,15 km rioolpypleiding van die Goga-rioolpomp tot by die Homevale-rioolaanleg in.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.